Wanneer dit kom by vitamiene, minerale, anti-oksidante en aminosure, is Moeder Natuur ons al ‘n hele paar tree voor!
Kom ons kyk gou na ‘n paar wondermiddels wat uit die natuur kom, en watter invloed elkeen van daardie middels op jou gesondheid kan hê:
Barley green
Barley Green kom op die boonste punt van die Barley plant voor – daar waar die meeste voedingstowwe is.
- Barley bevat die volgende vitamiene: A, B1, B2, B6, Foliensuur, Vitamiene C, Vitamiene E.
- Die volgende elektroliete: Magnesium en fosfate
- En essensiële minerale: Sink, Yster en Kalsium.
- Barley is ook baie ryk aan anti-oksidante en aminosure.
Barley bevat ‘n lewensnoodsaaklike ensiem, nl superoksied dismutasie. Met die daaglikse verbranding van energie in jou liggaam, word daar suurstofvrye radikale vrygestel wat lei tot kwale soos hartprobleme, longkwale en selfs kankers. Superoksied dismutasie werk die effekte teen.
Swaar metale soos lood word deur Barley Green uit die liggaam verwerp. Lood lei tot leer en konsentrasieprobleme, veral by kinders. Barley Green versterk en detoks ook die lewer en help om jou immuunsisteem te versterk.
Wanneer mens se pH-vlak te laag is, moet die liggaam buffers gebruik om die vlak te probeer alkaliseer. As eerste buffer gebruik die liggaam suurstof, daarom voel mens tam en moeg, omdat die liggaam nie sonder suurstof kan funksioneer nie.
Daarna word magnesium en kalsium uit jou bene onttrek om verder te probeer buffer. Dit is die ontstaan van alle vorme van artritis en osteoporose. Kenners verwys na barley as ‘n super alkaliese middel uit die natuur. Barley help om die oortollige sure in jou liggaam te verlaag. Wanneer daar te veel suur in jou liggaam is, lei dit tot ‘n verlaagte pH-vlak, ook genoem “asidose“. Asidose kan lei tot verswakte slaappatrone, hartkrampe, moegheid, hardlywigheid, cholesterol, diabetes, artritis en selfs kanker.
Kankerbossie
Die pynstillende, anti– inflammatoriese uitwerking van kankerbossie, sowel as die effek wat die bossie op bloedsuiker het, is klinies getoets deur die Universiteit van Suid Afrika. In drie toetse is kankerbossie getoets teen chemiese medikasie wat ook geformuleer is om die simptome aan te spreek. Die resultate toon dat kankerbossie (“sutherlandia”) soortgelyk en selfs beter presteer as die vergelykende produkte!
Die Stellenbosch Universiteit het die uitwerking van kankerbossie op spanning getoets:
Kortikosteron word in ons bloed vrygestel wanneer ons baie spanning ervaar. Die kortikosteronvlakke was dus gemeet om die uitwerking van die kankerbossie te toets. Die resultate het getoon dat die kortikosteronvlakke van die Kankerbossie groep 34% laer was as die vergelykende toetsgroep.
Kankerbossie het drie baie belangrike aktiewe bestanddele wat help met spanning:
- Asparagien: Hierdie bestanddeel is baie belangrik vir jou sentrale senuweestelsel – dit help jou om jou emosies te balanseer, sodat jy nie “ontplof” of uitbarstings kry nie. Dit keer dat jy geirriteerd voel, dit help jou om beter te slaap, beveg depressie en stimuleer jou lewer– en nierfunksie.
- GABA: Hierdie bestanddeel is waarskynlik die belangrikste neuro-transmitter in jou liggaam. Die help ook die liggaam om vet te verbrand. Verder beveg dit ook depressie en keer angs aanvalle. Dit kan ook jou slaappatrone verbeter!
- Pinitol: Hierdie bestanddeel verrig wondere teen diabetes, HIV, kanker en trauma. Dit verlaag jou bloedsuikervlakke tussen 10- 20% en is volgens dokters die beste insulien-nabootser wat daar is.
Billberry
Die bessie se basiese beginsel is as volg: Hoe donkerder die bessie, hoe hoër is die bessie in antioksidante.
Antioksidante se doel is om vrye radikale te stuit. Dis hierdie vrye radikale wat lei tot siektes soos hartkwale, kankers, oog degenerasie, gloukoma en katarakte. Studies in Europa het ook gevind dat billberry gebruik kan word om bloedsomloop te stimuleer, veral in die bene.
Wanneer jy bilberry na ‘n hoë-suiker ete neem, help dit om jou suikervlakke te normaliseer. Laastens is bilberry ook ryk aan tanniene – hierdie sterk anti-inflammatoriese middels het weer baie sukses met die verligting van artritis pyne.
Bilberry, Kankerbossie en Barley Green is net 3 van die vele aktiewe bestanddele wat in Immunadue voorkom!
Immunadue is die topverkoper natuurlike multivitamien, multimineraal en immuunversterker in Suid Afrika vir die afgelope 18 jaar!
Immunadue kan moontlik ook help met kwale soos artritis, osteoporose, diabetes, bloeddruk, stres en vele meer.
Waar kry jy Immunadue?
- By meeste apteke (ongeveer R145 vir 100 kapsules)
- Op die www.immunadue.co.za webwerf – KLIEK HIER en spaar 14% op Immunadue wanneer jy die kode INTIEM gebruik om te betaal!
- Op Takealot – KLIEK HIER
#promosie