Dis Kerstyd en saam met die wonder van Jesus se geboorte, is daar die heerlike tradisies wat daarmee saamkom – soos die gee en neem van geskenke. Toe jy destyds jou wederhelf as geskenk gekry het, het jy sommer gou agtergekom dat innovering en kreatiwiteit nie deel van sy denkproses is nie . . .

Promosie

Die bewysstukke lê in jou kombuis en stoorkamer – geskenke wat hy uit die diepte van sy hart uitgesoek het, maar waarmee hy die teiken hééltemal gemis het! Die voetspa wat een dag gebruik is (hy was baie trots op dié een), die goedkoop roomysmaker wat nog nooit ’n liter roomys opgelewer het nie. Die dik, goue ketting wat veel beter om Mr T van die A-Team se arm sou lyk as om jou eie nek.

Dan was daar die grassnyer en die skuurmasjien (wat nou in manlief se gereedskapkamer pryk). Weet egter dat baie vroue in jou skoene staan! En dat die meeste mans ’n bietjie aanmoediging en wenke – soms allesbehalwe subtiel – nodig het om die regte Kersgeskenk uit te kies.

As jy self dié jaar nie weet wat jy graag onder die Kersboom wil hê nie, het jy beslis nog nie van die Dyson Supersonic-haardroër gehoor nie. En as manlief ’n gadget-liefhebber is, sal hy dié nommertjie nie kan weerstaan nie. Dit is immers ’n ingenieursdroom en die resultaat van jare lange (baie duur) navorsing!

Promosie

INTIEM se besturende redakteur, Liezel van der Merwe, het die produk geweeg en beslis nie te lig bevind nie. “Toe ek die pakkie oopmaak (’n geskenk), het ek nie eens geweet wat dit is nie, maar ek het dadelik besef dié produk is op ’n ander vlak.”

Sy het later gaan nalees oor die Dyson Supersonic en tot die gevolgtrekking gekom dat die navorsing en ingenieurskrag wat hierin belê is, die hewige prysetiket die moeite werd maak. Sowat R900 miljoen is gebruik om die produk te ontwikkel en te ontwerp, en dit het 20 jaar geneem om die digitale motor (wat teen 110 000 rewolusies per minuut roteer) te vervolmaak. Altesaam 600 prototipes later en die finale produk was uiteindelik gereed.

Dit was egter eers ná Liezel die Dyson Supersonic eerstehands beproef het, wat die produk vir haar werklik tot sy volle reg gekom het. “Dit is ’n algehele nuwe droogblaas-ervaring. Jou hare voel sag, dit voel of daar meer volume is en dit is soos om ’n doeltreffende kunswerk vas te hou!” Die hittekontrole beperk die temperatuur tot 125°C sodat jou hare nie beskadig word nie en die aanhegsels is magneties.

“Ek het nie geweet ’n mens kan dit alles in ’n haardroër kry, nie want ek is gewoond aan droërs wat R299 kos. Maar dié een is net ánders! Dit is soos om in ’n Porsche te ry, teenoor ’n rit in ’n gewone kar. Dis die wonderlikste, genotvolste ervaring. Dit is duur, maar as jy geld het en jy gebruik dit elke liewe dag van jou lewe, kan jy beslis by manlief skimp hiervoor. Wat ’n wonderlike Kers- of huweliksherdenking-geskenk!”

As jy dus nou al begin naels kou oor hoe oortuigend jou toneelspel langs die Kersboom dié jaar gaan wees en sidder by die gedagte aan die moontlikheid dat manlief jou dalk net met ’n tuinslang of ’n luislang mag verras, ontspan en los dié artikel strategies in die badkamer – dáár waar sy oog dit nie kan miskyk nie.

As hy dink aan die voordele – soos ’n gelukkige en tevrede vrou, stilte terwyl hy nog op ’n Saterdagoggend wil inlê en jy gereed maak vir die winkels . . . asook die feit dat julle van nou af betyds gaan wees vir alle geleenthede (die Dyson Supersonic verminder jou hare se droogblaas-tyd met die helfte!), sal hy summier die produk vir sy liewe vrou (en miskien sommer ook al sy dogters) aanskaf.

En as manlief steeds die waarde hiervan miskyk, keer niks jou om hóm te bederf met een nie. Jy kan immers terugverwys na die oulike grassnyer en skuurmasjien waaruit julle albei soveel waarde put!

Ons sou egter dubbel seker maak Kersvader kry die regte boodskap deur met ’n bekoorlike lingerie-stelletjie op sy skoot te gaan sit en dié woorde in sy oor te fluister: “Die Dyson Supersonic-haardroër. Jy sal nie spyt wees nie . . .”

Vir meer inligting besoek gerus: www.dyson.co.za/haircare/supersonic of koop aanlyn: shop.dyson.co.za/haircare
Beskikbaar by Gary Rom haarsalonne, geselekteerde Hirsch’s, DionWired en Woolworths winkels en ook aanlyn by @Home en Hirsch’s.