Kry ’n mooi ontwerp en tik die woorde “Ek is lief vir jou, want . . .” en spasie daaronder daarop, laat lamineer die ontwerp en raam dit (sonder glas).
Promosie

Hang dit iewers op ’n prominente plek in jou huis, waar jou maat dit gereeld kan sien, met ’n wasbare merkpen en lappie byderhand.

Nou kan jy gereeld die boodskap voltooi na gelang van hoe jy voel. Byvoorbeeld:

  • Ek is lief vir jou, want . . . jy het Riekie vandag by die skool gaan haal om my uit te help.
  • Ek is lief vir jou, want . . . jy maak elke af-dag vir my beter.
  • Ek is lief vir jou, want . . . jy het my kar gewas sonder dat ek gevra het.
  • Ek is lief vir jou, want . . . jy gee die televisie-afstandbeheer prys wanneer Grey’s
  • Ek is lief vir jou, want . . . jy bring vir my koffie in die bed.

 

Promosie

Deur Annelize Steyn