‘n Vriendin van ons het onlangs 30 geword en het diè feesviering by ‘n bekende kuier-plekkie gehou waarheen ons genooi was…

Promosie

So, vir ‘n vrou wie se man nie kan dans nie, soos in “zero” ritme ..shame! En ‘n klein outjie van 16 maande is partytjie aande en baba oppassers skaars ..want wanneer ons wel die geleentheid kry om uit te gaan, wil al die opsies van baba oppassers saam ..want dis WOW!

Kyk ..vir ons is slaap baie meer belangrik as ‘n laat aand kuier!

‘n Braai’tjie by die huis saam met goeie vriende is die norm ..gemaklik en die kabouters is by ons.

Promosie

Elkgeval….

Skoonma bied aan om na Eben te kyk ..dankie Ma!

Ek trek my gunsteling jean aan ..grawe my hakkie-boots onder in die kas uit en stof hulle af ..sit ROOI lipstiffie aan ..en tof die ogies so op ..kyk, ek blink!

My man gee my ‘n kompliment en ‘n raps op die boude ..gevolg deur ‘n oogknip ..en ek voel soos die mooiste vrou in die wêreld!  <3

By die kroeg bestel ek vir my en my man elk ‘n drankie en ek steek die R50 noot uit ..die dame agter die kroeg neem dit en hou steeds haar hand uit vir nog ..ek kyk haar aan met ‘n vraagteken op my gesig ..”ek kort nog R9 asseblief” ..julle ..kan dit regtig al R59 wees net vir twee drankies ..die soort in ‘n botteltjie ..sy hoef dit nie eers aan te maak nie of ys by te gooi nie ..is net vir oopmaak en drink! Ek val amper van die stoel af!

Ek sip toe nou maar stadig aan die drankie…

Ons sit by ‘n mooi hoë tafeltjie op die hoë stoele ..en ek hou die verjaarsdag meisie dop ..30 ..enkel ..geen kinders ..pragtig binne en buite ..sy wandel deur al haar gaste ..familie ..kollegas ..paartjies wat onlangs eers saam is ..ander wat verloof is ..en ander wat al getroud is met kinders ..sy het ‘n persoonlike band met elkeen ..al het sy nie iets gemeen met almal nie.

Ek sit en hou almal dop so tussen deur die lag en gesels ..en bewonder hoe ons almal verskil maar tog eenders is!

Ons gaan deur fases ..hoofstukke van ‘n boek vol eindelose blaaie ..party blaaie koester ons ..ander wens ons ons kan uitskeur ..sommige is deel van ons vlees ..en ander deel van ons gees ..party stukkies kan ons met ander deel ..en ander weet net God van ..maar dit is ons storie ..ons journey ..om ons te herinner van waar ons was en hoe ver ons al gekom het!

G’n wonder die sê-ding “don’t judge a book by its cover” is so ‘n populêre sê-ding nie…want dit is REGTIG so!

Hoe lyk jou boek se buite-band ..jou vlees?
En hoe lyk jou inhoud ..jou gees?

Geniet die hoofstuk waarin jy nou is!

Liefde
N  <3