As jy dink manlief behoort tevrede te wees met net ’n quickie so nou en dan, is jy verkeerd (hoewel hy ’n quickie as ekstra enige tyd sal verwelkom!). Voorspel is hoog op manlief se prioriteitslys…
’n Man is inderdaad nie ’n klip nie, nee. Hy verkies ’n volbloedvrou bó ’n opblaaspop – een wat vir hom meer gee as bloot die fisieke gereedskap om sy luste mee te bevredig. Volgens ’n studie deur die Universiteit van New Brunswick in Kanada smag die Adams na ’n bietjie verleiding vóór daar oorgegaan word tot aksie. En anders as die 13 minute wat die vroue in die studie geskat het, wil die manne graag ’n volle 18 minute se voorspel hê! Hier is ’n paar goeie idees…
TOP GEHEIM #1: Wees ’n ware Eva…
Ja, hou op rondwriemel en wens jy het agt arms gehad om elke liggaamsfout weg te steek, want in sy oë is jy perfek. Veral as daar romantiese musiek speel, jy daar staan in jou mooiste onderklere en hy wéét jy wil hom hê. Mans is visuele wesens en om jou te sien laat sy hartklop styg. As jy eers die selfvertroue hiervoor opgebou het, kan jy allerhande truuks probeer om jouself nóg sexier vir hom te laat lyk.
- Trek jou hoogste hakke aan en loop sexy en heupswaaiend tot by hom.
- Stamp hom terug op die bed (net nie lights out teen die bedkopstuk nie!) en gaan sit wydsbeen oor hom.
- Trek nou lui-lui elke stukkie van sy klere uit. Buk laag oor hom sodat hy jou borste teen sy neus kan voel.
- Draai om, om sy broek uit te trek, terwyl jy jou rug hol maak sodat hy jou agterstewe in sy volle aangesig het!
TOP GEHEIM #2: Wees ’n drama queen!
Haal diep asem, soos jy jou sou verbeel die verleidster in ’n stoute fliek doen. Die klank en gevoel van jou diep asemhaling sal sal hom laat dink dat jy net so lus is hiervoor soos hy en vir ’n man is daar geen groter turn-on nie! Wees boonop kwaai en ’n bietjie rof…
- Wys hom dat jý in beheer is. Die meeste mans is mal daaroor om magteloos te voel in die hande van hul verleidster. Pen dus sy arms neer met jou hande terwyl jy sy borskas soen of maak hom vas aan die bed met twee linte.
- Terwyl jy hom met jou borste teen sy gesig terg, haal diep asem in sy ore, terwyl jy jou tande (liggies) gebruik om aan sy oorlob te knibbel.
- Hou jou gesig drie sentimeter van sy lyf af terwyl jy die punt van jou tong gebruik om ’n middellyn oor sy borskas te trek. Die hitte van jou asem op sy klam bors sal sal hom mal maak!
- Gebruik nou jou hande op soveel innoverende maniere soos jy kan. Masseer hom met ferm hale, krap hom liggies met jou naels…
TOP GEHEIM #3: Wees ’n sleazy tease!
’n Man wat aangedraai is, crave na onmiddellike bevrediging. Jy verhoog egter sy plesier deur so ’n bietjie uit te stel. Wees ’n tease en kyk wat gebeur met jou baie geduldige man…
- As jy hom nog nie vasgemaak het met die linte nie, is dit nóú die tyd. Gee hom ’n vuurwarm, smeulende, sexy soen – ’n soen wat hom sal laat kreun met die besef dat jy hom nóú wil hê.
- Kyk hom smeulend in die oë en staan dan ongeërg op en begin jou naels vyl. As hy kla, draai om en buk laag om kwansuis iets van die grond af op te tel.
- Gaan haal nou die lyfroom en begin jouself met vogroom smeer. Lê klem op die dele wat jy weet hy wens hý nou onder sy vingers kon hê en jy is aan die grens van sexy en wreed… maar jy het hom in jou sak!
Nog vyf wentegnieke . . .
- Onthou van die dirty talk! Jou man wil nie net sien nie, maar hóór hoe gereed jy vir hom is en wat jy alles met hom wil doen…
- Begin reeds vroeg. Onthou, seks begin met goeiemôre! Herinner hom dwarsdeur die dag aan wat op hom wag deur stoute boodskappe te stuur.
- Koop vir hom ’n geskenkbewys by La Senza en teken ’n afspraak vir shopping in sy dagboek aan. Hy vat jou soontoe en kan enigiets koop waarin hy jou graag wil sien.
- Los vir hom ’n spoor. Staan op vanaf die sitkamerbank en sê heel casual dat jy nou gaan slaap. Maar trek jou klere uit en laat val dit soos jy wegstap…
- Stel die wekker vir ’n halfuur vroeër en as hy sê: “Wat gaan aan? Dis heeltemal te vroeg op om te staan,” antwoord met ’n knipoog: “Nee, dit is nie…”
Deur Annelize Steyn
Addisionele bronne: www.redbookmag.com, www.cosmopolitan.com, www.idiva.com.