Te min slaap en jy sien jou maat op sy ergste. Die meeste paartjies is nie opgewasse teen die eise (en gevolge) van die gevreesde pajamadril nie. Kyk jy egter na Dewald en Anel Wasserfall, sou jy nie sê dis hul eerste ervaring hiermee nie . . .
Terwyl ’n klein mensie in sy stootwaentjie lê en slaap, flits die kamera teen die mure van Brasserie de Paris in Waterkloofrif, Pretoria, se eiesoortige, argitektoniese spasies. Daar heers ’n speelsheid tussen Dewald en Anel, maar ook ’n onmiskenbare vonk.
Ons het met die paartjie gesels in die DESEMBER/JANUARIE uitgawe van INTIEM