Vra jy enigiemand hoekom hulle nog nie Suid-Afrika verlaat nie, is ons lekker klimaat altyd een van die redes wat aangevoer word. Ons hou van sonskyn en braaivleis. Trampolienspring en uitgerekte dae op die strand. Só hoekom sal ons warmbloedige paartjies nie ook voordeel trek uit dít wat Suid-Afrika se somer bied nie?

Promosie

In die DESEMBER/JANUARIE uitgawe gee ons vir julle twaalf dinge (waaronder ’n paar oulike posisies wat jy kan beproef) wat julle moet oorweeg as dit kom by seks onder die blou lug.