Volwasse inhoud

Promosie

Augustus is vrouemaand – die ideale tyd om jou vrouwees te vier en te eer. In jou huwelik en gesin is dit belangrik dat die ma en vrou van die huis gesond én gelukkig moet wees. Fisiek en geestelik is dit noodsaaklik om na jou welstand om te sien, al is jy die een wat gewoonlik almal versorg en pamperlang. Hier is 5 maniere hoe om jou vrouwees te vier met die sorg wat jy verdien.

1. Wees lief vir jouself
Selfliefde is nie iets wat jy oornag regkry nie, en daarom moet jy daaraan werk op verskeie vlakke. Bederf jouself met onderklere wat jou laat goed voel. Koop iets wat jou gevoel van selfwaarde versterk en jou vroulik laat voel. Desir.co.za se onderklere is stylvol en daar is iets wat by elke vrou en elke geleentheid pas. As jy van kant en satyn hou, is die Brianna bra and thong set – Anais net vir jou. As jy van ’n elegante nagrok en broekie hou, is die Candy Girl Baby Doll set – Anais die regte geskenk aan jou, van jou. As jy dol is oor ’n mooi bra, sal jy die Paloma Push Up Bra nie kan weerstaan nie. Moenie die krag van goeie onderklere onderskat nie, jy sal verstom wees wat dit vir jou vrouwees en gemoed kan beteken.

2. Versterk jou pelvisspiere
Jou lewe én sekslewe ná kinders is ’n groot omwenteling. Jou lyf voel meteens anders (maar gelukkig voel jou hart ook anders!) en jy weet nie waar om te begin om weer die spiere te vind waar hulle eens was nie. Kegeloefeninge kan ná jou swangerskap wondere verrig om jou pelvisspiere te versterk. Versterkte pelvisspiere kan ook help met blaasbeheer, en dit is iets waarmee baie vroue sukkel veral ná swangerskap. Versterk jou pelvisspiere en jou hele vaginale area se spiere met ’n produk soos Embrace Tightening Pleasure Collection – Intimate Organics. Die stel sluit ’n vaginale jel en ’n stel ultra-higiëniese kegelballe in. ’n Produk soos die WonderLust Clarity Vibrating Kegel Exerciser – Swan is herlaaibaar en kompak sodat jy dit enige tyd op enige plek kan gebruik. Dit sal nie net jou spiere versterk nie, maar ook bydra tot sterker orgasmes.

Promosie

3. Gereelde doktersondersoeke
Dit is iets wat baie vroue eerder wil vermy en tog wéét jy hoe belangrik dit is. Veral wanneer dit by borsondersoeke, papsmere en ander intieme sake en bekommernisse kom, skram baie vroue weg met die hoop dat dit “vanself” sal opklaar. Besoek liewer vroeër jou huisdokter of ginekoloog en bespreek alles wat jou pla. Praat met ’n kenner as jy oorweldig voel. ’n Seksuoloog kan jou baie help met vrae oor jou seksualiteit en intieme sake. Desir.co.za het ’n seksuoloog by wie jy ’n afspraak kan maak en met vrymoedigheid vrae kan vra. Kontak Desir.co.za by 0860 994 160 of stuur ‘n epos aan info@desir.co.za en hukke kry jou in kontak met die seksuoloog.

4. Seks ná jou menopouse
Wanneer jy jou menopouse bereik, word jy gekonfronteer met verskeie simptome wat jou uit alle rigtings tref. Elke vrou se ervaring verskil, maar ’n afname in jou seksdrang en vaginale droogheid en ongemak tydens seks is van die algemene simptome wat vroue ervaar. Moenie glo dat goeie tye in slaapkamer vir altyd verby is nie! Daar is hulp op die horison en jy kan dit maklik aanlyn bestel. Daar is baie produkte wat jou hiermee kan help. Bederf jouself met Gentle: Clitoral Stimulating Gel – Intimate Organics of Embrace Tightening Pleasure Serum – Intimate Earth albei beskikbaar by Desir.co.za

5. Maak tyd vir jouself
Net soos met oefening, is alleentyd vir baie vroue ’n bykans onmoontlike ideaal, veral as jou kinders nog baie klein is en baie van jou aandag en tyd vereis. Praat met jou man hieroor, want uiteindelik is jou geestestoestand ook vir hom baie belangrik. Moenie jouself afskeep nie, Desir.co.za het produkte, geskenke en boeke wat weer die vrou in jou sal laat ontluik. Laat jouself toe om verras te word met wat ’n goeie smeermiddel en sensuele speelding vir jou gesondheid kan beteken.

Begin hierdie vrouemaand om jou vrouwees te eer, maar moenie hier ophou nie. Sorg dat jy gereeld in jou vrouwees en gesondheid belê met produkte wat jou help om jou sensualiteit en seksualiteit te laat blom en wat uiteindelik ’n groot seën vir jou huwelik sal wees.

Vir meer inligting, besoek Desir.co.za

Artikel deur Lize Groenewald