Gedink jy het al alles gehoor? Jy is after all nou al ’n All Gold-model met twee kiddies… Kom ons gee jou nog ’n paar dinge om oor te bloos. Om die waarheid te sê: Ons gee jou ’n hele 36 wenke! En as jy al ver anderkant 36 is, en jy weet hierdie dinge nog nie, is dit beslis nóú die tyd om te leer!

Promosie
  1. Skeduleer ’n kompeterende spel ’n paar ure voor seks, soos ’n goeie potjie muurbal! Volgens studies verhoog die afwagting van kompetisie vrouens se testosteroonvlakke met 24%.
  2. Maak die eerste move – dit sal jou man aangenaam verras en jou selfvertroue verhoog.
  3. Plaas ’n warm waslap oor jou vagina vir ’n paar minute vóór jul katelkaskenades – dit verhoog die sensitiwiteit daarvan en verhoog die vervaardiging van natuurlike lube!
  4. Verras manlief met lingerie wat jy nie hoef uit te trek nie – sykouse (soos lace-ups) of selfs toerygstewels wat jy kan aanhou is ongelooflik sexy.
  5. Laat hom met sy tong rondom jou nipples in die vorm van ’n agt speel. Daarna moet hy dan liggies hierop blaas vir ’n heerlike sensasie (vir jou en vir hom!)
  6. Kielie mekaar se voete. Die voet het 7 000 senuweepunte, waarvan dié in die holte van jou voet ’n direkte skakel na jou seksorgane het.
  7. Soen jou man op die lippe en beweeg dan stadig na sy nek, ore, bors en verder suid. Dit het delayed gratification tot gevolg – a la Christian Grey! Die afwagting sal hom mal maak…
  8. Wees stout en speel met jou eie geslagsdele terwyl jou man toekyk. Dit is nie net ’n groot turn-on vir hom nie, maar ook ’n leersame manier om uit te vind hoe jy daarvan hou.
  9. Kry ’n paar kasjmier-handskoene en streel jou man se hele liggaam daarmee – die gevoel van die materiaal is sensasioneel.
  10. Gedurende seks, haal een maal jou man se penis uit jou vagina en vryf dit oor jou vagina en borste. Hy sal dit glad nie verwag nie – hou sy gesig dop.
  11. Wanneer jou man bo is, gryp hom styf vas, vou jou bene om sy middel en kruis jou enkels. Gekruisde enkels help om die intensiteit te verhoog.
  12. Hê seks op ’n stoel wat in die rondte kan draai en laat die sensasie van die bewegende stoel ’n ekstra stimulant vir julle wees.
  13. Beoefen die “stop en gaan”-tegniek. Stop elke keer net vóór een van julle ’n orgasme kry en begin weer van voor af om die ondervinding uit te rek.
  14. ’n Kussing onder jou boude wanneer jy lê, laat dieper vaginale penetrasie toe.
  15. Wanneer jy bo is, moenie net op en af beweeg nie. Beweeg jou heupe in sirkels sodat hy verskillende posisies binne jou vagina kan ervaar.
  16. Speel met jou man se testikels en masseer dit liggies terwyl julle seks het – dit maak dinge vir hom twee keer so lekker!
  17. Met jou man bo-op jou, sorg dat julle heupe regoor mekaar is. Vou jou bene om sy bobene en druk jou klitoris teen die basis van sy penis en wieg sagkens heen en weer.
  18. Plaas jou hand oor jou man s’n en demonstreer hoe hy te werk moet gaan – hy sal baie dankbaar wees vir (en gestimuleer wees deur) die les.
  19. Seksuele stimulasie laat die pupille vergroot – behou oogkontak en gebruik dit as ’n maatstaf vir jou maat se vlakke van stimulasie.
  20. Vir goeie orale seks: Laat jou man regop voor jou staan en jy op jou knieë – dit laat jou toe om jou nek en ken in só ’n posisie te hou dat jy sy penis dieper in jou mond kan neem.
  21. Spoel jou mond vooraf uit met ’n mondspoelmiddel. Dit laat nie net orale seks beter proe nie, maar laat sy penis ook tintel.
  22. Gebruik seksspeelgoed om jou man se penis te stimuleer tydens orale seks om sy plesier te verhoog.
  23. Talk dirty. Nee, nie vuil taal nie! Vertel jou man net in baie grafiese detail presies wat jy aan hom wil doen.
  24. Moenie net die penis op en af vryf nie, vou ook jou hele hand om die penis en draai dit liggies heen en weer asof jy die strepe op ’n barbier-paal volg.
  25. As jy gril vir semen in jou mond, stimuleer jou man oraal tot nét voor hy ’n orgasme bereik en eindig dan met ’n hand-job.
  26. Begin die hand-job stadig met lang hale en vermeerder die spoed geleidelik.
  27. Smeermiddel maak alles makliker en lekkerder!
  28. Gebruik beide jou hande wanneer jy jou man ’n hand-job
  29. Plaas jou man se penis tussen jou kaal borste, druk hulle styf teen mekaar en laat hom heen en weer beweeg, net soos gedurende vaginale seks.
  30. As jy bang is jou borste is te klein, dra ’n push-up bra en lê op jou sy eerder as jou rug.
  31. Tydens die eerste twee dae van jou menstruele siklus is jou libido hoog en jou borste en klitoris baie sensitief. So as jy en manlief nie gril vir ’n bietjie bloed nie, is dit ’n gulde geleentheid.
  32. Moet nooit seks oordink nie. Sodra jy begin wonder, of jou gedagtes begin dwaal, blus jy jou eie lus net daar en dan.
  33. Urineer altyd direk na seks sodat jy jou kans op blaasinfeksie kan verminder.
  34. Mans kry ereksies drie tot vier keer per nag in hulle slaap. As julle gaan slaap, lê lepel sodat julle voordeel kan trek uit sy pop-ups in die middel van die nag.
  35. Moenie net fokus op die stimulasie van jou vagina nie – jou klitoris bevat die meeste senuwee-punte wat kan lei tot ’n klimaks.
  36. Seks-clichés is daar vir ’n rede, want dit werk. Date nights, rolspel, kersligetes – doen dit!

Addisionele bronne: realbeauty.com, marieclaire.com, glamour.com, sheknows.com.

Artikel deur Thalia Brussouw

Promosie