Huweliksweek word hierdie jaar vir die 7e keer in Suid Afrika aangebied (Jaarliks 1 – 7 September)
Wil jy as ‘n vrywilliger vir Huweliksweek opstaan en ons hande en voete wees in jou gemeenskap?
Wil jy deel vorm van ‘n span wat die verantwoordelikheid dra om die boodskap van Huweliksweek regoor Suid-Afrika te versprei?
Dan is hierdie briefie vir jou!
Wat is ‘n vrywilliger van Huweliksweek?
Dit is iemand wat uit hul eie uit opstaan vir huwelike en in hul eie kapasiteit paartjies in en om hul gemeenskap bederf tydens Huweliksweek en ook paartjies aanmoedig om deel te neem aan Huweliksweek.
Ons is op soek na dinamiese mense wat as vrywilligers en vriende van Huweliksweek wil optree en die baie belangrike (maar ook vervullende!) verantwoordelikheid neem om die boodskap van Huweliksweek in jou dorp/stad/kerk te versprei.
Die twee hoof groepe wat gevorm gaan word:
1)Huweliksweek vrywilligers wat ‘n funksie/inisiatief reël by hul kerk/skool/gemeenskap
Moontlike opsies (hierdie is net idees, jy kan jou eie inisiatief gebruik!)
- Reël ‘n funksie waar paartjies hul huweliksbeloftes hernu
- Vra jou pastoor/dominee om tydens Huweliksweek vir paartjies te bid
- Reël om as ‘n groep paartjies saam die lekkerte van huwelik te vier (of dit nou ‘n aandete by ‘n restaurant is en of jy jou huis beskikbaar stel en paartjies te nooi wat jy ken)
2) Huweliksweek vrywilligers wat die boodskap van Huweliksweek in en om hul gemeenskap versprei
Moontlike opsies (hierdie is weereens net idees, jy kan jou eie inisiatief gebruik!)
- Deel cupcakes/rose uit by ‘n winkelsentrum aan paartjies en wens hulle ‘n gelukkige Huweliksweek toe
- Help om seker te maak dat media regoor die land weet waaroor Huweliksweek gaan, deur ‘n persverklaring na jou plaaslike koerant of radio stasie te stuur, of deur ‘n paar plakkate by jou werk, kerk of winkelsentrum te gaan opsit.
- Stel jou professionele dienste beskikbaar in die week van Huweliksweek – dalk kan jy help bemark, jy kan rose teen kosprys beskikbaar stel, jy kan ‘n paar beradingsessies borg… Laat jou hart jou lei!Jy kan vir almal wat jy ken die gratis Huweliksweek “downloadable” items stuur en hulle aamoedig om dieselfde te doen
Daar is regtig soveel wat jy kan doen – soos die Engelse gesegde sê “The sky is the limitIndien jy in die Pretoria area woon kan jy ‘n draai by ons kantore maak en jou tyd gebruik om ons hier te help – ons het altyd ekstra hande nodig!
Maak asb met ons kontak! Ons wil hoor wie jy is, waar jy bly en waarop jy wil/kan fokus tydens SA Huweliksweek!
Stuur ‘n epos aan geraldine@sahuweliksweek.co.za en maak die onderwerp van jou epos: Huweliksweek Vrywilliger
Vir meer inligting oor SA Huweliksweek besoek gerus www.sahuweliksweek.co.za