Wen 1 van 3 dubbel-kaartjies na Timothy Kieswetter se splinternuwe opvoedkundige komedie KINDERS BY DOSYNE!
Timothy Kieswetter bring sy splinternuwe opvoedkundige komedie KINDERS BY DOSYNE, Pretoria toe vir twee aande. 22, 23 September | 19:00 | Centurion teater | iTickets | R165 – R185
“Na 4 jaar se uitverkoopte vertonings van my opvoedkundige komedie, “Die Stripshow”, het dit my gelei na KINDERS BY DOSYNE.
Ek is Timothy Kieswetter, man van een vrou en pa van 5 dogters.
Ja, ek moes vrede maak my sperm is pienk!
Moenie my te gou jammer kry nie, hulle versorg my darem goed. Die enigste nadeel om ‘n huis te deel met ses vrouens is dat dit soms met my siklus mors.
Kom ons wees eerlik. Maak nie saak hoe baie kinders jy het nie, ouerskap bly moeilik en ongelukkig word geen kind gebore met ‘n handleiding nie.
Ons almal doen ons heel beste om ons kinders reg op te voed – niemand wil hulle kinders aspris opfoeter nie.
KINDERS BY DOSYNE is nie net ‘n komedie oor ouerskap nie, maar ook hoe om tyd te maak vir mekaar in die huwelik.
Ek nooi jou uit om die 22, 23 September KINDERS BY DOSYNE te kom kyk, by die Centurion teater. Kaartjies beskikbaar by itickets.co.za
Ideale geleentheid vir ‘n lekker aand uit sonder die kinders.”
Kliek hier vir jou kaartjies: https://itickets.co.za/events/383126
Skryf nou in en staan die kans om 1 van 3 dubbel-kaartjies na Timothy Kieswetter se splinternuwe opvoedkundige komedie KINDERS BY DOSYNE te wen!
Inskrywings sluit 31 Augustus 2017 om middernag