Dink julle het al alles moontlik in die slaapkamer probeer? Think again! Span die beste vertrek in jou huis in en skud manlief se fondasies met ’n sensuele verrassing wat hy nie gou gaan vergeet nie!
Vlytige huisvrou
As jy ’n French maid-kostuum kostuum het, trek dit aan. Andersins, spring in jou kortste rompie en ’n toppie wat baie deurskyn of die tweeling skaars kan binnehou. En geen onderklere nie! Trek die verestoffer nader en roep manlief na die kamer. As hy vra wat gaan aan, beveel hom om sy sit te kry en raas kamma oor die slaapkamer vuil is. Maak dan kamstig skoon terwyl jy buk en pose dat manlief net kaal boude en tergende borste sien.
Sexy lingerie
Verleidelike onderklere klink dalk soos ’n cliché, maar daar is ’n rede hoekom dit so gewild is – want dit wérk! Mans word gestimuleer deur wat hulle sien – jou nuwe sexy bra beland nie verniet binne die eerste vyf minute op die vloer nie. Manlief weet dalk wat onder daardie satyn-nagrokkie is, maar ’n ander “verpakking” beteken ’n nuwe avontuur. Bou vir jou ’n arsenaal van lingerie op en wissel dit gereeld af.
Skattejag
Jy is die prys en manlief moet jou vind! WhatsApp hom deur die dag en sê waar hy sy eerste leidraad kan vind: byvoorbeeld op die yskas. Daar los jy ’n nota wat sê: “Gaan kyk langs die televisie.” Elke nota lei hom na ’n ander plek tot waar jy uiteindelik in die slaapkamer wag met ’n bottel rooiwyn. As jy hom regtig wil beïndruk, los sy leidrade op plekke of items wat jy weet vir hom van waarde is, soos sy gunsteling CD of rugbytrui.
Aandete in die bed
Neem julle romantiese kersligete bed toe. Vanaand vergeet julle van die televisie, werk en die skottelgoed en sluit julle kamerdeur. Berei sy gunsteling ete voor, trek julle ‘jamies’ aan en klim in die bed met julle aandete. Laat manlief ontspan met strelende musiek en lekker sagte kussings agter die rug – ’n doepa vir ’n harde dag van swoeg en sweet! Klits ietsie lekkers aanmekaar vir nagereg, wat dalk toevallig op julle lywe kan beland. Jy kan môre worry oor al die krummels.
Skootdans
Bring die wilde kant in jou na vore en gee manlief ’n lap dance! Kies ’n liedjie wat jou sexy laat voel, trek hakskoene en jou gunsteling onderklere aan, en oefen jou danspassies vooraf. Dit hoef niks ingewikkeld te wees nie, maar dit moet tease! Laat manlief hom tuismaak op ’n stoel (sonder armleunings) en sê vir hom die enigste reël is: Geen aanraking tot die liedjie klaar is nie. Dit gaan hom gek maak om sy hande heeltyd te moet tuishou!
Dubbele blow job truuk
Laat manlief voel asof twee vrouens gelyktydig aandag aan sy penis gee. Hoe? Druk jou vingers in louwarm water. Stimuleer die een kant van sy penis met jou mond terwyl jy die ander kant liggies met jou nat vingers masseer. Beweeg na ’n rukkie jou mond na die voorkant van sy penis terwyl jy hierdie keer sy testikels met jou nat vingers streel. Jou nat vingers gaan baie soos ’n tweede, warm mond voel!
Kondoompret
Koop ’n pakkie gegeurde kondome in die geheim en kondig een aand uit die bloute aan dat jy wil sien of jy dit kan regkry om ’n kondoom aan manlief se penis te sit met net jou mond. (Kan jy sy gesig sien? Priceless!) Hier is hoe jy dit doen: Hou die kondoom met die opgerolde deel na jou. Plaas dit tussen jou lippe en steek jou tong in die middel – dit moet net so ’n entjie uitsteek. Druk jou tong se punt teen die penis se kop en rol die res van die kondoom met jou lippe al langs die penis af.
Waterkaskenades
Daar is maar net iets aan water op naakte borste wat mans se knieë lam maak. Inkorporeer water tydens julle voorspel. Sit wydsbeen oor manlief en gebruik ’n glas om lou waterstroompies oor jou borste uit te gooi. Gebruik genoeg water op ’n slag dat dit afloop tot op manlief ook en sodra die glas leeg is, druk jou nat borste teen sy borskas.
Skoktaktiek
Sê een aand net skielik dat jy moeg is en verdwyn kamer toe. Wanneer manlief uiteindelik bed toe kom, maak of jy slaap totdat hy langs jou inkruip. Fluister dan in sy oor dat jy heeltyd aan hom gedink het, suig so twee keer liggies aan sy wysvinger, glip dan sy hand tussen jou bene in en vryf sy vinger oor jou klitoris terwyl jy saggies kreun. Dit is nie net sy ego wat gaan swel nie!
Ruik en proe
Na jare van getroude lewe weet jou maat hoe jy ruik en proe. Hierdie is ’n eenvoudige, maar doeltreffende truuk – verander dit! Spuit ander parfuum aan voor seks en gebruik gegeurde smeermiddel – selfs al het julle dit nie nodig nie. Onthou dit is ’n eksperiment – julle gaan nie noodwendig van al die reuke of smake hou nie – maar dit gaan vir seker opwinding meebring!
Deur Thalia Brüssow