Met die Rand wat onlangs sterker vertoon teen internasionale geldeenhede, mag daardie droom Europese vakansie in 2018 dalk net meer aantreklik raak en meer toereikend wees.
Volgens Theresa Szjeswallo, bestuurdende direkteur van Trafalgar, kan Suid-Afrikaners gerus ook met nuwe belangstelling na Portugal en Italië kyk.
“Alhoewel, Suid Afrikaanse reisigers nog nooit ‘n tekort gehad het aan beskikbare en betroubare vlugte na Europese bestemmings nie, het die her-toetrede van direkte vlugte van onder andere, TAP Portugal en Alitalia, dit nou net soveel meer geriefliker gemaak om hierdie bestemmings met minder moeite te bereik,” sê Szjeswallo.
Albei bestemmings bied reisigers ‘n kombinasie van ondervindinge and aktiwiteite, sê Theresa. Of dit nou kos, die nuutste modes kultuur, argitektuur of vermaak is, beide bestemmings verdien om op reisigers se 2018 wenslysie te wees.
Portugal: Smullekker gastronomie en wonderlike wonderwerke
Hetsy jy opsoek is na die geure and reuke van die kleurvolle kosse of die soet smake van gefortifiseerde wyne, vervaardig naby Oporto, of om terug te reis in tyd en die geleentheid te kry om eerstehands die die heilige Miracle in Fátima the herleef, Portugal is ‘n eksotiese land met baie hoekies en draaitjies om enige reisiger se wonderlus aan te vuur.
Van Lisbon tot Vilamoura, die Algarve, Oporto, Fátima en meer, daar is soveel om te ontdek en te geniet in Portugal.
Laat die melankoliese deuntjie van die Fado-kitaar jou volg van Portugal se Manueline-Lissabon na Barok-Oporto en die sonstrale van Vilamoura. Dwaal deur die middeleeuse stede Obidos, Évora en Guimarães, en besoek die Godsdienstige landmerke van Fátima, Batalha en die dramatiese Hieronymite-klooster. Natuurlik kan jy ook nie die geleentheid laat verby gaan om een of twee van die eg-Portuguese “pasteis de nata” of vlatertjies al langs die pad te nuttig nie.
Bella vita in Italië
Skuif opsy, Parys (Die een in Frankryk, natuurlik). Alhoewel Italië alombekend is vir sy geskiedkundige and kunstige kwaliteite asook manjifieke argitektuur en watertand disse tot die nuutste leerhandsak en glasjuwele, staan die land uit as een van die mees romantiese bestemmings in Europa.
Dit is maklik om die alledaagse lewe opsy te skuif in hierdie prag land, terwyl jy deur die tuiste van die Renaissance reis na die sprokies eilande van Venisië of die bekoorlike stad van Orte ontdek.
Wat die bestemming soveel meer aanloklik maak is die groter stede wat uitstraal van romanse, soos Florence en Rome, asook the geplaveide straatjies en pleine, eeu-oue tradisies and historiese hoogtepunte soos die Colosseum, die Leunende Toring van Pisa en die asemrowende Duomo.
Beide bestemmings is beskikbaar deur Trafalgar se Costsaver reis program, waar reisigers meeste van die voordele van ‘n Trafalgar toer geniet, teen ‘n meer bekostigbare prys. Hier is nog ‘n paar maniere wat jy kan spaar op jou volgende Europese vakansie:
1. Koop ’n plaaslike simkaart. Sê totsiens vir massiewe data tariewe en swerfkostes en skaf ‘n plaaslike simkaart aan. Doen ‘n bietjie huiswerk voor jou reis om te sien watter netwerke beskikbaar is in jou bestemming. Vergelyk die verskillenede netwerke om die beste opsie vir jou sak te te kies.
2. Koop jou kaartjies op die internet. In die geval dat dit nie by jou reispakket ingesluit is nie, probeer om toegangskaartjies aanlyn te bespreek. Alhoewel dit in sommige gevalle jou ‘n paar rand ekstra uit die sak kan jaag, is dit slim om toegangskaartjies vooraf te bespreek en te betaal. Die kans is groot dat indien jy besluit om net op te daag by ‘n sekere punt dat jy vir ure in ‘n ry moet staan, in plaas van om vir ‘n spesfieke tyd the bespreek wanneer daar dalk minder mense sal wees.
3. Laai ‘n paar toeps af. Van die beste restaurant tot die verskuilde hoekies en draaitjies. Die regte toep kan jou help om die tyd soveel beter te benut in ‘n ‘n spesifieke area.
4. Moenie die waarde van ‘n reisagent onderskat nie. Alhoewel Google en ander toeps goeie vennote kan wees op jou reis met allerande informasie, kan dit nie ‘n fisiese persoon vervang nie. Reisagente kan die beste advies gee oor visums, goedkoopste vlugte, beste reispakkette en soveel meer. Natuurlik sal jou reisagent ook daar wees vir hulp en bystand 24/7.
5. Wees reg en fiks om te stap. Daar is baie maniere en giere om in Europa rond te beweeg, maar gesoute reisigers sal heel waarskynlik aanbeveel om te stap waar moontlik vir die beste ondervinding. Indien jy beplan om die meeste van jou tyd jou bestemming te voet te verken, begin ‘n paar weke voor jou vertrek ‘n bietjie oefening in te kry indien jy nie alreeds doen nie enmaak ook seker dat die skoene wat jy gaan gebruik ingeloop is en jou nie seer maak nie.