Geen getroude paartjie kan die bokskryt heeltemal vermy nie. Om te baklei, is deel van ’n goeie, gesonde verhouding – mits jy dit op die regte manier doen.

Soms gaan dit oor die wasgoed op die vloer. En soms oor die vuil wasgoed wat in die openbaar gewas word. Soms oor die duwweltjies en soms oor die groot dorings. Elke huwelik ervaar konflik. As julle nóóit konflik ervaar nie, moet die gevaarligte begin flikker – dit kan die simptoom van onderdrukte gevoelens wees.

Liezel (Redakteur) kuier by Doepie en Nina in die GrootFM studio.

Kom lag saam en leer saam. Kliek hier vir die onderhoud (slegs klank, geen video)

Promosie

#radio #huwelik #podcast #konflikhantering