Sale!

31 dae bedpret uitdaging: Februarie 2025

Original price was: R399.00.Current price is: R199.00.

SPAAR R200 op die Bedpret uitdaging PLUS kry die INTIEM Date Night boek met 50 Date Night idees (ter waarde van R399!) gratis!

SCROLL AF TOT ONDER EN KYK WAT ALLES INGESLUIT IS…(onder description)
Ons sal teen 17 Februarie vir jou al die nodige info stuur. Kontak ons asb op 18 Februarie indien jy nog niks ontvang het nie.
Belangrik! Ons plaas daagliks die info vir jou in ‘n PRIVAAT FACEBOOK GROEP. Sonder Facebook kan jy dus ongelukkig nie deelneem nie.

Out of stock

SKU: valentyns2025 Category:

Description

Description

In die dae wat INTIEM nog ‘n gedrukte boekie was, het ons elke Oktober maand ‘n 31 DAE BEDPRET uitdaging gehad… Ons het dit in September 2024 weer herhaal en dit was ERG LEKKER!! Meer as 400 paartjies het deelgeneem!!

Wat is die Bedpret Uitdaging?

Ons daag jou uit om vir NET EEN MAAND LANK elke dag intiem met jou maat te verkeer! Dit IS moontlik! Ons het SOVEEL boodskappe van paartjies gekry wat ons vertel het hoe hulle huwelike handomkeer verander het na hierdie uitdaging! Hoe die huweliksvlamme sommer weer WITWARM begin flikker het. Hoe hulle sommer net weer EKSTRA VERLIEF op mekaar geraak het!

Hoe werk hierdie uitdaging:

Vir 21 Februarie (wat ‘n lekker Valentynsdag geskenk!) tot 21 Maart 2024 laai ons jou en jou maat in ons privaat bedpret Facebook groep. Elke oggend kry jy die volgende posts:

  1. ‘n Voorspel wenk vir die dag
  2. ​’n Intieme wenk vir die dag
  3. ​’n PLEK van die dag (ja, ons het vir jou 30 lekker bedpret “venues” om te probeer)
  4. ‘n POSISIE van die dag… (uhu! daar is regtig meer as 3 verskillende posisies!)
  5. ​’n Sexy/Romantiese boodskap wat jy vir jou maat per SMS of WhatsApp kan stuur. Sit elke oggend ‘n glimlag op jou maat se gesig!
  6. Foute wat mans en dames in die slaapkamer maak – hierdie is baie interessant!

Dag 1 gebruik ons vir reelings en admin, so jou uitdaging is in teorie 30 dae lank.

(net so “off the record” – indien jy dink ons 31 dae idee is effens mal, sluit steeds aan! Kry toegang tot die waardevolle inligting en gebruik dit as ‘n kragtige hulpmiddel in jou huwelik, net wanneer jy wil!)

Maar dis nie al nie!

Jy kry ook INTIEM se “date night” boek ter waarde van R399 gratis, indien jy voor 14 Februarie inskryf vir die Bedpret uitdaging!

Ons haal die dinkwerk uit “date night”! Hier is vir jou 50 idees om van te kies!

Idees wissel van:

  • maklik tot moeilik
  • lekker tot laf
  • goedkoop tot duur
  • vir al 4 seisoene

Elke “date night” het ook plek vir ‘n foto en ‘n nota – dit kan julle “date night reis” vir julle vir ewig vasvang 🙂

BELANGRIK!! DIE BEDPRET UITDAGING VIND IN ‘N PRIVAAT FACEBOOK GROEP PLAAS. JY KAN NIE DEELNEEM AS JY NIE FACEBOOK HET NIE.

DIE DATE NIGHT BOEK IS ‘N DIGITALE BOEK WAT ONS VIR JOU PER EPOS STUUR. DIT WORD NIE AAN JOU GEPOS NIE.