Ons het ‘n hele paar boodskappe gekry van die INTIEM familie wat tans, agv “lockdown”, van hul maats geskei is. Dis ‘n vreemde situasie waarin heelwat paartjies hulself tans bevind… Maar moenie bekommerd wees nie, ons het ‘n paar idee wat dit dalk net so bietjie makliker kan maak…!

Hoe gemaak as jy en jou wederhelf tans “geskei” is? Sou jy sê “Uit die oog, uit die hart”? O nee, ons sal veel eerder sê “Distance makes the heart grow fonder”!

Hou só die lakens warm totdat jy en jou maat weer saam onder die duvet kan rondrol:

  • Verskerp jou erotiese woordeskat

Julle liggame spreek boekdele en nie-verbale kommunikasie speel ’n belangrike rol in die uitdrukking van julle liefde. Hoe dan gemaak as julle mekaar nie elke dag sien nie? Moderne tegnologie bied gelukkig ’n oplossing, maar om hierdie opsie ten beste te benut, gaan jy gemaklik moet wees om te práát. Doen moeite en leer die dialek van liefde aan! Eroties hoef natuurlik nie kru te wees nie en jy kan baie verrig deur suggestie en ’n paar sexy geluide.

Promosie
  • Skryf ’n vervolgverhaal

 Dit hoef glad nie topverkoper-gehalte te wees nie, solank dit net sexy is! Begin ’n erotiese storie waar jy en jou maat die hoofkarakters is. Skets ’n wêreld vol fantasie waar verantwoordelikhede nie saakmaak nie en die kinders altyd by die skool is. Skryf elke dag ’n paragraaf of twee en epos die storie aan jou maat, wat op hul beurt verder daaraan skryf. Lees dit dan hardop vir mekaar wanneer julle weer ’n bed kan deel. Laat die muse julle lei!

  • Kyk ’n sensuele fliek “saam”

Kies ’n fliek wat die erotiese verbeelding stimuleer en reël ’n virtuele date night saam met manlief. Besluit op ’n spesifieke tyd en kyk die fliek “saam”. Stuur vir mekaar updates per SMS of WhatsApp oor jul gunsteling tonele en probeer bietjie role-play wat die fliek reflekteer wanneer julle mekaar weer sien.

  • Begin ’n bewonderingsboekie

 Kies ’n oulike notaboekie en maak die titel “Al die redes hoekom ek verlief is op jou”. Noudat julle mekaar nie meer so gereeld sien nie, besef jy dikwels hoeveel moeite jou wederhelf éintlik doen (wat jy soms nie meer raakgesien het nie). Of dit nou is om die asbliksakke uit te sit, die gras te sny, jou kar te laat diens of vir jou koffie in die bed te bring, skryf dit neer!

Bepunt nou elke takie of aksie met ’n sexy beloning, byvoorbeeld: (1) Ek is só verlief op jou omdat jy altyd seker maak die rekeninge is betaal. Beloning: 1 x blowjob. (2) Ek is só mal oor jou omdat jy altyd die kardeur vir my oopmaak. Beloning: 2 x vrysessies op die rusbank, en so meer. Wanneer die boekie vol is, oorhandig dit aan jou maat om te lees wanneer julle nie bymekaar is nie en werk dan een vir een deur die belonings wanneer julle weer in mekaar se arms is.

Ons weet die tye is vreemd en dalk effe ongemaklik, maar deur kreatief te dink, gaan julle liefde nie net die grendeltyd oorleef nie, maar dit gaan blom!