As jou vel sensitief is, is manlief se dag-oue baard die laaste ding wat jy teen jou rooiwarm wange soek. Daar is egter geen rede waarom jy dié winter (en al die seisoene wat volg) met dié probleem hoef te worstel nie.

Promosie

Voel dit asof jou vel reageer op die mees geringe irritasie? As jou vel styfgetrek en branderig voel, maklik rooi en warm word of oorreageer op die meeste reinigers en kosmetiese produkte, het jy waarskynlik ‘n hipersensitiewe of intolerante vel. Jy het seker ook al gehoor dat mense met só ‘n vel liefs produkte moet gebruik wat enkele bestanddele en potensiële irritante bevat.

Waar laat dit ‘n dame wat wil spog met ‘n mooi vel, haarself soms wil bederf met lekker velprodukte en soms haar man se asem in haar nek wil voel sonder om haar te bekommer oor ‘n geïrriteerde vel? Velsensitiwiteit affekteer al hoe meer mense daagliks. Dit kan per geleentheid of soms op ‘n chroniese basis voorkom. Navorsers by Avène Dermatological Laboratoriums fokus al baie jare op sensitiewe velle onder mense regoor die wêreld. Kliniese eienskappe word bestudeer om die formulering en ontwikkeling van die regte produkte te verbeter.

Maar hoekom Avène? Hierdie produkte het twee dinge in gemeen: Albei bevat Avène Thermal Spring Water en albei is geformuleer en getoets met dieselfde ongeëwenaarde, wetenskaplike presisie as medikasie. Avène Tolérance Extrême Range is die oorspronklike oplossing in die vorm van formules met die minimum bestanddele, wat slegs die noodsaaklike aktiewe bestanddele bevat vir die mees sensitiewe vel en absoluut geen preserveermiddels of inhoud met toevallige preserveerfunksie nie. Dit is die waarborg vir ‘n formule wat deurgaans veilig en effektief bly.

Promosie

Dis geformuleer met aktiewe bestanddele wat gekies is vir hul suiwerheid, toleransie en effektiwiteit, sonder enige bygevoegde irritante. Die produkte hidreer en herlaai sensitiewe vel en help dit met daaglikse vel-irritasies. Dis ryk in Avène Thermal Spring Water, dit is strelend en teen-irriterend, sag op ou vel en bied ‘n beskermende sluier vir jou vel. Die produk is gemaak met ‘n gepatenteerde, steriele, kosmetiese tegnologie en bevat een parabene, geurmiddels of preserveermiddels nie.

Ná jarelange navorsing stel Avène hul innoverende D.E.F.I. tegnologie bekend – uniek op die gebied van dermokosmetika – en voorsien dat produkte 100% steriel bly. Die tegnologie staan vir Device for Exclusive Formula Interity en bestaan uit ‘n delikate membraan wat oop en toemaak só dat die inhoud nooit aan lug of bakterieë blootgestel word nie. Jou Avène produk bly volkome steriel so lank soos wat jy dit gebruik. Eu Thermale Avène is die enigste handelsmerk wat aan verbruikers kosmetiese produkte bied wat 100% steriel is! Steriele produkte ván die vervaardigingsproses tot en met die laaste druppel, vir ongeëwenaarde veiligheid en effektiwiteit vir sensitiewe vel.

Produkte in die reeks vir hipersensitiewe/intolerante vel, sluit in:
• Tolérance EXTRÊME Emulsion (NUUT) – dit bied ‘n bevogtigende oplossing vir hipersensitiewe vel, maar is steeds lig genoeg vir gebruik op normale of kombinasievel. (RSP: R299.95)
• Tolérance EXTRÊME Cream – ‘n ryker weergawe van dieselfde formule en aksie soos die Emulsion, geskik vir droeër veltipes. (RSP: R299.95)
• Tolérance EXTRÊME Cleansing Lotion – ‘n daaglikse skoonmaakmiddel vir hipersensitiewe/intolerante vel. (RSP: R249.95)

Ander verwante produkte sluit in:
• Avène Thermal Spring Water Spray – ‘n natuurlik strelende en anti-irritasie watersproei met verskeie gebruike – ideaal vir alle veltipes. (RSP: R149.95)
• SPF50+ Mineral Cream – ‘n breë-spektrum sonbeskermingsmiddel met geen chemiese filters nie. (RSP: R249.95)

Eau Thermale Avène Produkte is beskikbaar by Clicks en Dis-Chem apteke.
Vir meer inligting, besoek www.avene.co.za of epos: infosa@pierre-fabre.com