Verbeeldingsvlugte is wonderlik – ook as dit kom by jou huwelik. Tog word ons dikwels gewaarsku oor die gevaar van fantasie as dit kom by jou huwelik …

Promosie

Om ’n visuele persoon met ’n futuristiese ingesteldheid te weerhou van fantasieë, is om hom of haar van asem te ontneem. Fantasie en verbeeldingsvlugte het al gestalte gegee aan wonderlike uitvindsels. Albert Einstein het immers gesê: “Die geskenk van fantasie het meer vir my beteken as my talent om positiewe kennis te kan absorbeer.”

Voor jy jou maat ontmoet het, het jy fantaseer oor die man met wie jy eendag sou trou. Jy het beelde opgetower oor hoe julle saam gaan oud word. Maar die oomblik toe die ring aan jou vinger was, is jy gemaan om op te hou. Verkeerde fantasieë kan inderdaad jou huwelik bedreig, maar fantaseer reg en dit kan die teenoorgestelde effek hê!

MET LIEFDE … fantaseer oor seks met manlief! Dit is wonderlike voorspel. Droom oor sy gesig wanneer jy vanaand jou verskyning gaan maak in ’n splinternuwe bloedrooi nommertjie. Hoe hy van daardie einste nommertjie gaan ontslae raak en wat daarna gaan gebeur …

Promosie

MOET LIEWER NIE … fantaseer oor enigiemand behalwe jou maat nie. Hoe meer jy dink aan seks met ander mense as jou eggenoot, hoe makliker sal jy dit later regverdig om jou maat te verkul. Stop dus enige seksuele gedagtes oor enigiemand anders as jou maat vóór dit kans kry om kleurryk te raak.

DIS GESOND OM TE … fantaseer oor jou man se begeerte vir jou! Daardie kyk in sy oë wanneer jy weet jy is vir hom onweerstaanbaar. Die gedagte aan wat in sý gedagtes aangaan. Dit is gesond om onweerstaanbaar in jou maat se oë te voel en dit kan bydra tot ’n gesonde sekslewe.

BLY EERDER WEG VAN … 50 Shades of Grey as bron van inspirasie. Om te fantaseer oor hoe jy jou maat gaan seermaak of gaan disrespekteer, is ’n rooi lig. Dit is nie God se wil dat pyn (hetsy fisiek of emosioneel) ooit deel uitmaak van ’n Christen-huwelik nie.

DIT IS NORMAAL OM TE … fantaseer oor jou maat se kaal bolyf, sy stoppelbaard, sy groen oë. Natuurlik mag jy! Dit is jóú man en jy is, na alles, ’n visuele wese. Dagdroom oor hoe sexy/sterk/manlik hy vir jou is en oor hoe hy jou nader trek voor ’n smeulende soen, of op jou voorkop soen wanneer hy jou troos.

PASOP OM NIE … onrealistiese gedagtes oor jou maat te koester nie. Net soos jy nie daarvan sal hou as jou maat fantaseer oor jou (maar met ’n DD-borsmaat) nie, net so kan jy nie sy glimlag met Ryan Gosling s’n vervang nie!

JY MOET VIR SEKER … gesonde romantiese fiksie lees om jou te inspireer. ’n Lekker romantiese boek kan jou weer nuwe woema en idees gee oor hoe om vuur in jou eie huwelik te blaas! LAPA Uitgewers se romantiese fiksie, Romanza, bevat geen negatiewe elemente soos buite-egtelike verhoudings en S&M nie.

MOENIE IN DIE STRIK TRAP DAT … jy jou eietyd só afskeep dat jy ’n verbeeldinglose wese word wat leef van die een sleurtaak tot die volgende nie. Om so af en toe jou batterye te herlaai, is noodsaaklik vir jou om ’n gesonde huwelik te handhaaf. Ontspan dus met ’n romanse, voete in die lug, en kyk hoe jou maat voordeel trek uit ’n huweliksmaat met ’n vol liefdestenk!

“As jy gelukkig is, kan een enkele fantasie omskakel in een miljoen realiteite”- Maya Angelou

Spesiaal vir jou! Nou is jou kans vir afskakel. Neem hierdie toetslopie – hier is ‘n gratis verhaal van Romanza: KLIEK HIER!