Baie dankie vir al die wonderlike nuus en wenke wat #IntiemHuwelik met ons deel!

Dankie, al 36 jaar getroud maar leer elk keer as ek julle artikels lees!

Dit is net wonderlik om die artikels te lees oor dinge en te besef soveel ander mense gaan deur dieselfde dinge. Dankie ook vir al die amazing Facebook posts!!

Ek hou baie van INTIEM! Dit is leersaam!!

Dankie vir hierdie “verhouding gids” soos ek dit noem gaan BAIE help!
Ek is nog nuut in hierdie “grootmens” wêreld en wil graag my huwelik op die regte manier aanpak en begin, ek trou later as my tydgenote (al my tydgenote is of einde 2017 – ons vierde jaar op universiteit- of 2018 getroud) maar ek glo dat ek meer volwasse sal wees en makliker kan aanpas as ek reeds gevestig is in my beroep – dankie vir ‘n wonderlike tydskrif/Facebook blad… Ek het al BAIE geleer!

Mal oor julle webtuiste! Dankie vir julle wat mense nog help met struikelblokke in hulle huwelik!

Ek lees elke artikel en ook veranderinge aangebring wat my baie gehelp het. Dankie xxx

Ons geniet die Digitale weergawe baie, weens verskeie redes, maar veral omdat jy dit altyd by jou het en wanneer jy iets daarvan met ander wil deel. Ons geniet ook vreeslik baie jul kreatiewe manier van ‘speel-speel’ aan jou huwelik werk. Ek & Manlief staan definitief ‘bankvas’ agter julle, want “Ons Huwelik Maak Saak”

Seën vir almal se harde werk & tyd & Seën vir almal se Huwelike.

Ons reis het begin met ‘n toevallige advertensie van Huwelikskapsule op die radio. Ons het nie lank gewonder of ons aan die kursus wil deelneem nie.

Die kursus was baie insiggewend en het vir ons die geleentheid geskep om mekaar beter te leer ken, asook om gesprekke te hê wat ons nie andersins sou gehad het nie.

Dit was vir ons ‘n lekker belewenis wat ons definitief vir ander paartjies sou aanbeveel.

Ons huwelik maak saak!

Wil jy meer weet oor die Huwelikskapsule? KLIEK HIER

Dol oor jule blad!

Behalwe vir die speel saam vir pret het ek en my man baie geleer van die artikels en ander mense se opinies. Dit help soms om ‘n totaal onafhanklike persoon se perspektief oor iets te hoor. Mens raak so gewoond aan jou eie manier van dink dat dit help om soms net ‘n ander persoon se siening te ‘hoor’. Dankie vir jul wonderlike blad ons geniet dit baie.

Leer regtig baie hier. Op verskeie gebiede. Ek & my pasgetroude vrou geniet dit om saam na jul artikels te kyk.

I love INTIEM. Learned quite a bit re a marriage in the time since I’ve joined and I’m hoping to get my hubby to join in too.

Thank you God bless

Ek het baie baat gevind uit jul weeklikse artikels per epos.

Puik leesstof dankie julle!

Julle het baie oulike en doelgerigte artikels. Dankie daarvoor!

Dit gaan oor julle artikel van ‘n 30 dae van bedpret!! Ons het ons uitdaging begin op 6 April vanjaar.  Dit het ons so naby aan mekaar gebring dat dit onbeskryfbaar is! Nooit ooit gedink dat mens na 22 jaar se huwelik so passievol kan wees en so aangetrokke tot mekaar kan wees nie! So vandag wil ek net dankie sê vir julle daar by INTIEM vir die bydra wat julle het en gehad het tot ‘n nuwe fase van ons lewe. Julle het ons geïnspireer om iets aan te pak wat my/ons hele uitgangspunt in die lewe verander het… En hier gaan dit nie oor seks alleen nie. Dit gaan oor die kameraadskap tussen man en vrou. So INTIEM dankie vir julle en hou aan met jul goeie werk. Dit maak tog ‘n verskil daar buite. Al kan julle net een siel se lewe verander was dit als die moeite werd!!

Die weeklikse nuusbrief “is absoluut inspirerend!”

Dis regtig baie goeie huweliksinspirasie! Ek moedig almal aan om by INTIEM se nuusbrief aan te sluit!

INTIEM laat jou laat goed voel en inspireer jou.

Ek wil graag ook beklemtoon hoe ‘n groot verskil jy in jou familie en kinders se lewe kan maak met ‘n gesonde, standvastige huwelik. Moet die effek hiervan nie onderskat nie of “gewoond” aan jou lewensmaat raak nie. Dit kan steeds lekker en ‘n groot avontuur wees! Ek gaan nou vir 9jaar en sal dit vir niks verruil.

Ons almal kan ‘n gelukkige huwelik hê….

As ‘n 35 jarige ongetroude vrou voel ek baie keer soos Bridget Jones  as familie of vriende vra  wanneer ek gaan trou. Ek probeer maar  om die ongemaklike vraag humoristies  te beantwoord deur te sê: “ wanneer jy die uitnodiging kry” Dit bly egter maar ‘n ongemaklike onderwerp wat ‘n bietjie angstigheid in mens laat opvlam. Ek dink partymaal : “Sê nou net hulle is reg en ek raak te oud” of as ek sien hoeveel mense al geskei is wat ek ken, wonder ek partymal of dit ‘n  nog ‘n goeie idée is om te trou. Gelukkig word my angstige gedagtes vinnig stil gemaak deur die  positiewe artikels  in Intiem. Ek word net verseker dat vrees nie ‘n goeie rede is om te trou nie en ook nie ‘n goeie rede is om jou te weerhou om te trou nie. As albei partye bereid is om aan die  huwelik te werk  en bereid is om na goeie raad te luister soos  in Intiem, is ek seker ‘n mens kan ‘n suksesvolle huwelik hê. Ek het besluit al lyk die egskeiding statistiek nie rooskleurig nie sal ek nie negatief wees oor  ‘n huwelik nie. Ek het ook besluit al vra mense my hoeveel keer wanneer ek gaan trou sal ook nie net trou omdat ek ouer word of omdat  dit die norm is nie. Ek wil vir die regte redes trou. So as die tyd reg is sal ek die huwelik dapper aanpak met ‘n Intiem artikels elke maand in die hand.

Groete

Jenine

Die huwelik is die mooiste blomtuin wat mens ooit kan hê. Soos enige mooi blomme tuin het dit liefde en aandag nodig, dit moet gereeld versorg word, daar moet gereeld water gegee word en die bossies moet uitgehaal word. Dankie aan INTIEM wat help om hierdie pragtige blomtuin in stand te hou met jul wonderlike artikels. Hierdie jaar is ek en vroulief vier jaar getroud en ons moes al baie bossies uittrek en gesnoei word om mooi te kan blom, ons kon ook hierdie jaar nog ‘n slot gaan byvoeg by ons ander slotte op die Love Bridge [in Magnolia Dal, Pretoria]. Dit is ons iets spesiaals om elke jaar nog ‘n slotjie aan die groot slot te gaan voeg en weer stil te kan word en die Here te kan dank dat Hy die rots is van ons huwelik en dat Hy ons saam as man en vrou gevoeg het, uitdagings is daar ja, maar Hy help ons om daar deur te kom. Die huwelik is iets spesiaal, koester dit.

Ek lees nou al twee jaar lank INTIEM se artikels en ek mis dit vir niks. Ek wil net baie dankie sê vir al die verrykende artikels – daar was ‘n tyd wat ek nie meer geweet het wat werk en wat nie, maar danksy INTIEM gaan dit baie goed met ons huwelik.  Dankie INTIEM, ons lees en leer lekker.

Baie dankie vir wonderlike artikels. Dit het ons opnuut geleer om elke dag mekaar te waardeer en ‘n Christelike verhouding te hê. Dit leer ons om nooit mekaar vanselfsprekend te neem nie en elke dag te werk aan die huwelik. Dankie weereens.

Intiem is Tops. Mens leer verskriklik baie hier uit. Hou aan met die goeie werk. God se seeninge is met almal vandag.

INTIEM het my baie kom leer en dis die enigste artikels wat my man geniet om saam met my te lees en dan bespreek ons die onderwerpe agterna. Dankie

Dankie vir julle 64 vrae (lekker pret naweek). Ek gaan dit beslis doen. Dis heel iets anders, en kan ook so jou maat beter leer ken. Soos ek my man ken gaan dit net lag en lag aand wees. Julle is puik xxx

Ek geniet die hupstoot idees vir die slaapkamer baie en ons beproef dit en behou die goeie lekkerstes en ons albei is dankbaar vir die nuwe oemf in ons lewe op 50.

Voel of die nuwe maandtema so vir my bedoel is. Ek sukkel om te vergewe en vergeet. En dan dra ek so baie seer in my hart. Ek gaan hierdie uitgawe op my hart dra. Dankie.

INTIEM voel vir ons soos ’n familie wie almal mekaar help met raad oor ’n huwelik. Ons is dalk wel nog net verloof, maar lees intiem al vir 4 uit die 5 jaar wat ons saam is. Het al baie geleer daaruit. Ons kan nooit wag om te sien wat die volgende maandtema is nie. Sal dit vir enige iemand voorstel. Dankie aan die hele span (en behind the scenes) wie dit moontlik maak.

Ek sien die tydskrif gereeld, maar het nie regtig aandag gegee aan die titel nie. Tot gister. Ek het ‘n gratis INTIEM-tydskrif gekry saam drie ander tydskrifte wat ek gewoonlik lees, maar ek het ‘n behoefte gehad om eerste die INTIEM-tydskrif te gryp en te lees omdat ek so baie vrae gehad het. Ek het onlangs verloof geraak  en ek het nie ‘n voorbeeld van hoe ‘n regte huwelik moet wees nie.

Dit is Sondag en ek sit in die bed en lees INTIEM, en  dit voel dadelik of ek verlig is omdat ek voel ek het hulp van oral. Raad wat my kan help. Ek het die fondasie gekry vir ons nuwe huwelik. Ek wil gereelde lesers aanraai om net vir een persoon ‘n INTIEM-tydskrif te gee. Jy weet nooit of jy hulle dalk help om ‘n vraag te beantwoord nie. Ek kan nie wag vir die volgende uitgawe nie.