Is manlief ’n kranige visserman? Maak vir hom iets spesiaals wat met sy hart sal praat.

Promosie

Jy het nodig: ’n Blik-emmertjie wat sowat 250ml kan bevat, ’n paar pakkies jellie-wurms en ’n groot blok sjokolade.

Kap die sjokolade fyn of meng dit met ’n voedselverwerker tot die tekstuur daarvan met grond ooreenkom. Plaas die jellie-wurms onder in die blik-emmertjie en strooi die sjokolade-“grond” bo-oor. Neem ’n paper clip en maak ’n haak soortgelyk aan ’n vishoek deur dit te buig. Steek een van die wurms daardeur en hang dit aan die rand van die emmertjie, soos aas.

Gee die lekkergoed-emmertjie vir manlief saam met die woorde: “Jy het my gevang! En nou is ek soos ’n vis in water as jy naby my is.”

Promosie

 

Deur Annelize Steyn