In Genesis 2:25 staan daar geskrywe dat “…die man en die vrou was beide naak en nie skaam vir mekaar nie.”
Die huwelik is ontwerp om in ‘n atmosfeer van totale naaktheid en deursigtigheid beoefen te word. Hierdie deursigtige naaktheid moet op al die verskillende terreine van ‘n paartjie se lewens plaasvind, naamlik fisies, emosioneel, in hulle gedagtes en geestelik.
Die Hebreeuse woord vir “naak” is “arom” en beteken “ontbloot”. Om dus sonder enige mure en skanse te leef teenoor mekaar.
Vir hierdie atmosfeer van naaktheid om te bestaan moet daar eerlike deursigtigheid wees. Geen ander verhouding verlang of verwag so ‘n totale naaktheid soos ‘n huweliksverhouding nie. Dit is plek waar daar geen geheime en wegsteekplekke is nie. In hierdie atmosfeer ontstaan die diepe vertroue wat net in huwelikspaartjies gevind word.
Beide die man en die vrou moet hierdie plek met hulle lewens beskerm. Satan weet dat as hy in hierdie spasie inkom, dan sal die paartjie nie meer in opregtheid en eerlikhied met mekaar kommunikeer nie en die direkte gevolg hiervan sal wees dat die veiligheid van daardie paartjie in gedrang sal kom.
Ons hoef nie ver te gaan soek vir ‘n voorbeeld hiervan nie. Hierdie storie het in die tuin van Eden sy ontstaan gehad. Toe sonde sy plek ingeneem in die spasie tussen die Adam en Eva het dit onmiddelik divisie tussen Adam en Eva gebring. Dit het veroorsaak dat hulle hulle naaktheid raakgesien het en hulle was skaam vir mekaar. Die gevolg was dat hulle hulle naaktheid met blare bedek het. Die dele wat hulle vir mekaar weggesteek het, is daardie dele wat hulle uniekheid en verskille tussen die geslagte aangedui het. Met die blare aan het hulle dus basies deiselfde gelyk en was daar onmiddelike beskuldigings wat heen en weer gegooi is en is hulle eie emosies en identiteite nie raakgesien nie. Hulle het nie mekaar beskerm nie, maar teen mekaar gedraai.
Die oomblik as sonde die harmonie tussen ‘n man en vrou versteur, dan lei dit daartoe dat hulle nie meer mekaar vertrou met hulle kwesbaarheid nie en begin hulle hulle ware self vir mekaar wegsteek. Sonde kan vergelyk word met enige iets wat die daardie veilige spasie tussen ‘n man en vrou bedreig.
As daar deursigtigheid en naaktheid in ‘n huweliksverhouding is, dan val die blare weg en vertrou die paartjie mekaar met hulle verskille en ook die die mees sensitiewe areas van hulle lewens. Paartjies moet leer uit die hierdie gebeure en daardie spasie tussen hulle beskerm. Naaktheid en deursigtigheid wat op die fisiese vlak in die tuin van Eden uitgebeeld word het ook ‘n rippeleffek in al die ander areas van ‘n huweliksverhouding, naamlik die paartjie se gedagtes, emosies, denke en geestelike uitkyk op die lewe.
As daar totale naaktheid en deursigtigheid is op al hierdie areas beteken dit dat die paartjies in volkome veiligheid en eenheid leef.
Hoe om ‘n blaarlose atmosfeer te skep:
- Huweliksmaats moet versigtig wees in wat hulle sê en doen teenoor mekaar.
- Woorde maak seer en bring verwonding. Verkeerde woorde veroorsaak dat jou maat seer ervaar en vertroue word hiermee stelselmatig afgebreek.
- Besef dat alles wat huweliksmaats vir mekaar sê en doen hulle huwelik beinvloed. Wees bewus wat gesê word en hoe dit oorgedra word. Kommunikeer intensioneel.
- Jaag sekuriteit na in die huwelik. Tot die mate wat daar sekuriteit in die verhouding ervaar word sal die huweliksmaats bereid wees om hulle emosies te wys of weg te steek. Sekuriteit laat huweliksmaats veilig by mekaar voel.
- Wees bewus dat woorde seer maak, maar woorde kan ook gesond maak. Kies die regte woorde.
- Elke huweliksmaat moet leer om verantwoordelikheid te vat vir sy of haar eie sondes en aksies.
- Huweliksmaats moet besef dat hulle sondes en aksies hulle maats baie negatief beinvloed.
- In plaas daarvan dat huweliksmaats aanhoudend hulle maats aanval en aankla van dinge moet hulle eerder hulle eie swakhede en onvermoëns erken en vra vir vergifnis.
- Huweliksmaats moet leer om te bely en te vergewe.
- Maats moet leer om vinnig jammer te sê, en te erken dat hulle verkeerd was. Wees bewus daarvan dat die woorde: “Ek is jammer”, helingskrag in ‘n verhouding het.
- Maats moet leer on die vergifnis wat gevra word te gee.
Wees bewus dat blaarlose huwelike werk kos en baie intensionele besluite, maar dat die vrug ‘n diepe eenheid en krag tot gevolg het waarop generasies kan bou.