Wat ’n jaar was dit nie tot dusvêr nie, met die COVID-19 virus wat die hele wêreld deurmekaar gehad het. Daar is glo ’n sprankie van hoop met die moontlikhede dat entstowwe ontwikkel is, maar ons sal moet wag voordat dit aan die wêreld beskikbaar gestel kan word.
Terwyl COVID-19 die nuusopskrifte oorheers het, is daar egter ’n ander gevreesde siekte wat baie van ons lewens reeds geraak het – en dit is kanker. Ons almal weet van iemand wat tans kanker het, of het al ’n familielid of vriend verloor aan dié siekte. Martin Herbst van Herbst & Associates het jare se ervaring (20 jaar) in die versekeringsbedryf en deel graag wat hy geleer het gedurende sy loopbaan.
In die eerste vyf jaar van sy loopbaan, was gevreesde siekte dekking (soos kanker voorsiening) maar net ’n toevoeging tot ’n kliënt se portefeulje en amper die uitsondering op die reël aangesien kliënte te sterwe sou kom as hulle kanker gekry het. In die daaropvolgende 10 jaar het dinge verander.
“Ons het gevind dat moderne medisyne kliënte met kanker kon bystaan en dat kliënte eerder medies ongeskik sou jaar as onmiddellik te sterwe kom. Gedurende hierdie tydperk het ongeskiktheidsdekking ’n baie groot rol gespeel en sekerlik vandag nog. Oor die laaste vyf jaar het die vooruitganag van medisyne gehelp om mense wat met kanker gediagnoseer word ’n beter kans gegee om te oorleef. Partykeer kan dit ’n verlengde herstelperiode beteken, wat gewoonlik tot aansienlike mediese koste kan lei. Ons ervaar dat al hoe meer mense afskaal op hul mediese fonds opsies en wanneer iets groots soos kanker opduik, daar gewoonlik mediese rekeninge is wat nie gedek word nie en dan moet die kliënt self betaal,” sê Martin.
“My hart gaan uit na elkeen wat ’n vriend of familielid verloor het in die stryd teen kanker,” sê hy.
Dus voel hy sterk dat gevreesde siekte dekking wat vir kanker voorvalle voorsiening maak al hoe meer relevant geword het en dat dit voorsiening is wat nie onderhandelbaar is nie. Martin vertel van die eise wat hulle verlede jaar ervaar het.
“In 2019 het ons die volgende eise [1] ervaar:
- Meeste van ons gevreesde siekte voorvalle was vir kliënte wat ouer as 46 jaar is
- 43% van alle gevreesde siekte eise was betaal vir vrouens en 57% vir mans
- Meeste van die eise ontvang vir mans was vir kanker (31%) waarvan prostaat kanker (19%) die grootste deel uitgemaak het. Hartaanvalle (13%) was volgende op die lys van meeste eise by mans
- By vrouens was kanker (79%) verreweg die hoogste eise waarvan borskanker (33%) die grootste deel uitgemaak het.
- In die laaste vyf jaar het kanker ongeveer 60% van die eise uitgemaak wat ons ontvang het.”
- ([1] Sanlam Individual Life: Claim Statistics 2019)
Dit blyk dus duidelik dat kanker al hoe meer mense affekteer. “Die punt wat my altyd diep in my hart raak,” deel Martin, “is die emosionele trauma waardeur kliënte gaan wanneer hul kanker kry.” Daar is ongelooflike onsekerheid oor wat voorlê, die invloed op die kwaliteit van lewe vorentoe, asook die finansiële impak kan kliënte soms onder kry.
“Maar,” sê hy, “met die werk wat ons vir kliënte doen en die beskerming wat ons vir hulle inbou, kan ons egter vir die toekoms voorberei en voorsiening maak ingeval ons kliënt moontlik die een is wat kanker kry. Wanneer ’n voorval soos kanker plaasvind, moet ’n kliënt al hul krag en energie aanwend om die geveg teen die siekte te wen. Finansies moet nie ’n bekommernis wees nie.”
Sanlam bied omvattende gevreesde siekte dekking wat meer as 325 eisgebeurtenisse dek insluitend omvattende dekking vir kanker. Dit is belangrik om te noem dat gevreesde siekte dekking net waarde het wanneer die versekeraar kennis het van ’n kliënt se mediese geskiedenis en wanneer bloed toetse gedoen is voor die dekking aanvaar is. Dit help om komplikasies met die kliënt eis te verminder.
Martin deel ook oor sy persoonlike ervaaring met kanker. “My Pa het ’n paar jaar gelede kanker gekry en ons as familie moes op ’n strategie besluit. Na my Pa se afspraak by die Onkoloog het ons by ’n restaurant gaan sit en die pad vorentoe bespreek en natuurlik was die besluit om te veg! Dit het ook gehelp dat ons die nodige mediese sorg wat my pa nodig gehad het, kon bekostig,” sê hy.
“Ek wil egter noem dat twee punte soos ’n paal bo water uitgestaan het vir my in my Pa se geveg teen die aaklige siekte: sy ingesteldheid en sy geloof. My Pa het besluit dat positiwiteit hom sou help om die geveg te wen. Hy het elke dag met ’n positiewe ingesteldheid aangepak en nooit gekla nie. Hy was gefokus om elke dag dankbaar te wees. Met betrekking tot sy geloof, het my Pa vertrou dat God sou besluit wat met hom moet gebeur. Ek is dankbaar om te sê dat hy die geveg gewen het en vandag kanker vry is.”
Dit is geen waarborg dat kanker oorwin kan word net as jy die nodige finansies byderhand het nie. Maar dit plaas u in ’n beter posisie om die mediese sorg en behandeling wat u nodig het, te kry.
Gesels gerus met Herbst & Associates om jou en jou gesin te beskerm teen die onvoorsiene.
Sanlam is ‘n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste.
Artikel deur Martin Herbst.
Jy kan ook Martin se kantore kontak by 012 470 0050