In die Bybel lees ons van Nehemia wat die muur moes bou… Stukkie vir stukkie, baksteen vir baksteen. Net soos ‘n muur ‘n sterk fondasie benodig om die struktuur te ondersteun, net so vereis ‘n suksesvolle huwelik ‘n soliede fondasie van vertroue, respek, en kommunikasie. ‘n Huwelik wat op ‘n sterk fondasie gebou is, kan alle uitdagings weerstaan.

So paar maande terug begin die Here met INTIEM gesels… Sy opdrag: Die mure om huwelike is stukkend, begin dit herbou!

Ons het gestoei en gewonder… Probeer redeneer… Nog gewonder… Nog gestoei… En toe besef ons moet gehoorsaam wees, want dit was wat ons van die begin af belowe het en wat nog altyd ons hart met INTIEM was.

So is www.ekenjy.net gebore…

Promosie

‘n Huweliksprogram met ‘n verskil! ‘n Leefstylwyse vir jou huwelik! Raad, daad, planne en pret!

www.ekenjy.net is ‘n subskripsie platform vir ons VIP kliente, waar ons elke maand vir jou EKSKLUSIEWE inhoud beskikbaar stel! Splinternuwe vars idees, artikels, raad, kompetisies en vele meer… Dis INTIEM op steroids… (maar die goeie tipe). Dis brandstof vir jou elke-dag-huwelik, inspirasie vir maklik-tot-moeilik, tools/tips/tricks om die huwelik sommer net erg lekker te maak… Dis lekker. Maklik. Uniek. Vars…

Wat kan jy verwag op www.ekenjy.net?

  • ‘n Daaglikse Doudrupppel – ‘n geestelike gedagte wat julle saam kan volg – ‘n driedubbele tou breek nie maklik nie!
  • Maandelikse Date Night Idees – om dit vir julle makliker te maak, en jy nooit weer hoef te wonder “wat moet ons nou al weer doen nie?”!
  • Resepte – Want saam kook (binne en buite die slaapkamer) is YUMMY!
  • Bedpret idees – Hou dinge tussen die lakens warm…
  • Elke-dag oomblikke – Wenke en gewoontes vir ‘n gelukkige huwelik.
  • Reiswenke – Ontdek die mees romantiese plekke in Suid Afrika, ons het hulle vir jou gaan uitsoek! Saam reis en tyd spandeer is lewensnoodsaaklik vir jou huwelik.
  • Master Class – Elke maand breek ons ‘n onderwerp vir jou oop oor ‘n belangrike kwessie in jou huwelik.
  • Kompetisies – Want jy is spesiaal en verdien ‘n lekker bederf!
  • Kursusse – Daar is soveel nonsens en geraas daar buite… Ons gaan haal vir jou die KERN van elke probleem en sit dit saam op ‘n maklike en vinnige manier, sodat julle enige uitdaging in ‘n japtrap kan oorwin.
  • Kommunikasie geheime – As kommunikasie op die grond val, is jou huwelik moeilik! En dis onnodig… kom word kommunikasie-gurus!
  • Respek en liefde – Manlief soek respek, Vroulief soek liefde. Ons help jou om die twee bymekaar uit te bring.
  • Maandelikse toetse – Van die 5 liefdestale tot jou temperament en alles tussenin. Kom ontdek wie jy is, wie jou maat is, en hoe om saam die huweliksreis aan te pak!
  • Selfsorg en groei – Want JY is ook belangrik! ‘n Gesonde JY lei tot ‘n gesonde EK EN JY!
  • Storietyd – Liezel (Redakteur van INTIEM) en manlief Nico deel hul ervaring na 30 jaar getroude lewe, en verklap ook ‘n paar geheime…
  • Anonieme vrae en kennersantwoorde – Ja, ander mense vra dalk iets wat jy al jare lank wil weet… kom leer uit ander se vrae en ons antwoorde.
    en baie baie meer!!!

Jy kan registreer op die webwerf teen slegs R5! Jy lees reg ja! Dan kan jy na hartelus op die webwerf kuier vir 2 weke… As jy hou van wat jy sien (ons glo jy gaan!) trek die webwerf dan (na 2 weke) R99 vir maand 1 van jou rekening af, met ‘n daaropvolgende maandelikse R99. Indien jy vir enige rede voel die program is nie vir jou nie, kanselleer jy bloot (voor dag 14) jou lidmaatskap, en betaal geen verdere gelde nie!

TEEN SLEGS R99 PER MAAND IS HIERDIE EEN VAN DIE BESTE BELEGGINGS WAT JY IN JOU HUWELIK KAN MAAK! Dis ‘n BOUPLAN wat nie gaan misluk nie… een wat enige krake en gaatjies (of jy nou van hulle bewus is of nie!) gaan help vul… En daar waar jou fondasie reeds sterk is, gaan die plan die huis net nog mooier maak!

Dis NIE ‘n kursus wat jy moet volg nie… Dis artikels en videos met raad, idees, voorstelle, planne en BAIE lekkerte… opgedeel in afdelings soos kommunikasie, date nights, bedpret, reisplanne, en baie meer.

Wil jy meer weet? Kyk gou die video:

GEEN risiko. Kanselleer enige tyd.

KLIEK HIER EN SLUIT VANDAG NOG AAN. BESOEK WWW.ENEKJY.NET