Stamseltegnologie is ’n onderwerp waaroor menige paartjie besin in die nege maande voor daardie kosbare bondeltjie gebore word. Moet ons, of moet ons nie?

Promosie

Elke nuwe ouer weet: Die oomblik wat daardie mensie in jou hande neergelê word, is groter as wat enigiemand ooit vir jou kan beskryf. Die emosies wat jy ervaar, is meer oorweldigend as wat jy jou ooit kon indink. Jy weet opeens dat jy nie in jou lewe die kans sal laat verbygaan om hierdie wese (wat in volle afhanklikheid voor jou lê) te beskerm teen aanslae nie.

Stamselterapie is nie nuut nie. Bloedvormende stamseloorplantings is al vir meer as 50 jaar uitgevoer. Sowat een miljoen van hierdie prosedures is al wêreldwyd uitgevoer en meer as 35 000 naelstring-bloedoorplantings, wat meer as 80 bloedverwante siektes kan genees (insluitende leukemie, limfoom, en beenmurgtoestande). Namate navorsing verbeter word hierdie lys al hoe langer en die medici poog om binnekort ook outisme, serebrale gestremdheid, diabetes, spinale beserings en meer hiermee te behandel.

Stamselle kom oral in die liggaam voor en kan vir verskeie siektes gebruik word, maar dit is veral die jong, buigbare stamselle in ’n pasgebore baba se naelstring en weefsel wat kragtig is. Dié selle kan geoes en geberg word tydens geboorte met ’n pynlose prosedure vir latere gebruik.

Promosie

Hoekom sou jy dit wou oorweeg? Want as jou kind ooit ’n ernstige siektetoestand ontwikkel wat hiermee behandel kon word, sou dit tot jul beskikking wees. Daar is ook ’n een uit vier kans dat jou kind se stamselle gebruik sal kan word vir sy sibbe, sou hulle dit nodig kry.

Omdat die soeke na ’n gepaste skenker uitdagend is (veral in die lig dat daar nie ’n openbare naelstring bloedstamsel bank in Suid-Afrika bestaan nie) is dit iets wat voornemende ouers behoort te oorweeg . . . veral as jy in aanmerking neem dat jou kanse om ’n geskikte skenker binne jou eie etniese bevolking te kry, sowat 1 uit 100 000 is (die roete wat ouers volg wat nié van stamselberging gebruik gemaak het nie). Jou kanse om ’n stamseloorplanting nodig te kry, is 1 uit 217.

Sommige ouers voel die kostes is te hoog, maar daar is verskeie sakpas-opsies vir ouers wat die proses oorweeg. Voornemende ouers kan ook besluit of hulle die stamselle plaaslik, internasionaal of gedeeltelik in Suid-Afrika en Europa wil berg teen so min as R340 per maand (dié opsie word gebied deur Cryo-Save South Africa). Naelstringweefsel moet ook oorweeg word, aangesien koordweefselselle of mesenchymale stamselle byvoorbeeld in verskeie ander tipes selle en weefsel (insluitende organe, spiere, vel en been) kan omskakel. Wanneer jou liggaam nie weefsel kan hervervaardig nie, kan die stamselle dit dalk doen. Naelstringstamselle is jonk en aktief in vergelyking met dié van ander bronne, wat beteken dat hulle mense vinniger kan genees as ander tipes stamselle.

As stamselberging dus een van die dinge is wat julle as voornemende ouers tans oorweeg, maak seker julle rus julself met soveel moontlik inligting toe sodat julle die regte keuses hieroor kan maak.

Data op lêer.