Watwou voorspel vir ’n aand – probeer voorspel vir ’n maand! Ons kan nie waarborg dat jy een “af” aandjie gaan hê as jy dié wenke toepas nie. En kan jy dink aan die vuurwerke ná ’n hele maand se prep-werk?
Seks begin soggens as jy jou oë oopmaak. Dink dus weer voor jy sê jou maat se broek sit effens knap, want dis woorde soos dié wat ’n lelike duik in enige libido kan slaan. Só kan ’n bietjie doodonskuldige “eerlikheid” jou ontneem van smullekker katelkaskenades later vanaand.
Gelukkig is die flipside hiervan ook waar. Begin vanoggend al vry met jou oë, jou hande en selfs jou woorde . . . en teen vanaand is julle soos twee gloeiende kooltjies wat net wag vir ’n bietjie wind om vlam te vat! Ons gee jou 30 voorspel-wenke – een vir elke dag van die maand. Vir dag 31 kan jy jou gunsteling dag se wenk herhaal!
Ons sal elke dag op Facebook laat weet wanneer die volgende wenk gelaai is… Maak seker jy loer daagliks in!