Kies om te vergewe

In alle intieme verhoudings is daar die kans dat jou maat iets aan jou kan doen wat onregverdig voel. Alle getroudes ervaar soms konfliksituasies wat ’n slegte uitwerking op die huwelik het. Soms word dit maklik of per ongeluk opgelos en gaan die verhouding weer sy gang. Dikwels gebeur dit egter nie. Dan gaan die onderliggende spanning wat onverwerkte konflik in die verhouding veroorsaak voort. Of dit lei tot bitterheid en vervreemding wat vir dae, weke en selfs maande kan voortduur. Los rusies so gou as moontlik op. Sodra julle alles uitgepraat het en beide partye tevrede voel, moet jy jou maat vryspreek en volkome aanvaar.

Daar het jy dit! Met dié 21 stappe kan jy ’n nuwe lewensmaat word én ’n nuwe lewensmaat kry voor jy jou oë uitvee . . .

21 dae tot ‘n gelukkige huwelik word met trots aan jou gebring deur Marriage Capsule (www.marriagecapsule.com)… Your Marriage Matters!

Promosie

Vir die volgende 21 dae (van 10 – 30 Oktober) bied ons jou 21% afslag op die volledige Marriage Capsule kursus! Normale tarief: R980, nou slegs R775! KLIEK HIER vir meer info en om te koop!