‘n INTIEM-Ambassadeur is ‘n getroude vrou of paartjie wat in haar/hulle omgewing ‘n positiewe verskil wil maak in huwelike.  Hulle doen dit vrywillig vir die liefde van die saak en omdat hulle glo in die huwelik en gesonde gesinsverhoudinge.

So persoon sal dan uiteraard:

  • ‘n INTIEM-leser wees en die visie en missie van INTIEM deel
  • mense wees wat sê ons sal OPSTAAN vir die behoud van huwelike
  • ons sal werk aan ons eie en ander ondersteun wat deur moeilike tye gaan en so beter, sterker, gesonder, gelukkige huwelike aanmoedig en ondersteun ter wille van die paartjie self, en hulle kinders en uiteindelik die samelewing
  • wanneer dit nodig is om te veg vir die behoud van die huwelik, sal ons dit doen en ander aanmoedig om nie die handdoek in te gooi nie
  • jy  stel INTIEM bekend aan ander vroue en paartjies waar ookal die geleentheid hom voordoen
  • jy bied vorige uitgawes van INTIEM aan vir funksies as deel van ‘n geskenkpakkie (jy het gratis toegang tot hierdie INTIEMs.  T’s & V’s geld)
  • wanneer nodig en indien beskikbaar, verteenwoordig jy INTIEM by funksies en in jou gemeenskap  > gelukkige, gesonde huwelike!

‘n INTIEM ambassadeur het nie ‘n volmaakte huwelik nie maar erken dat ‘n huwelik wat in God geanker is, deur storms kan gaan, oorleef en gelukkig wees.

Die visie en missie van INTIEM:

Visie: Om die mees omvattende bron van inligting in Suid-Afrika te wees vir Christenpaartjies wat besef hoe noodsaaklik intimiteit (fisies, emosioneel en geestelik) vir die behoud van ‘n gesonde huwelik is.

Missie: Om ‘n kultuur van heel huwelike te help skep, wat die heersende kultuur van gebroke huwelik sal uitroei om sodoende ‘n generasie sonder bagasie voort te bring.

Wat kan jy as ambassadeur verwag?

  • Om aan die voorpunt  betrokke te wees in jou gemeenskap waar dit huwelike aangaan
  • Om voorsien te word van alles wat jy nodig het om deel te wees van SA HUWELIKWEEK
  • Om maandeliks ‘n INTIEM-ambassadeurgroep e-pos-brief te ontvang
  • INTIEM gaan soms op jou knoppie druk om te help met die uitgee van vorige uitgawes

INTIEM gaan aan jou erkenning gee in die vorm van ‘n amptelike bewys van ambassadeurskap, ‘n sertifikaat vir elke jaar se betrokkenheid, gratis items wat jy kan aflaai en uitdruk.

Wat DOEN ‘n ambassadeur in HUWELIKSWEEK?
As INTIEM ambassadeur en Huweliksweek ambassadeur stel jy jouself beskikbaar om in jou gemeenskap betrokke wees by SA HUWELIKSWEEK aksies deur:

  • brosjure, plakkers en plakkate uit te deel en op te sit
  • kontak te maak met kerke in die omgewing om hulle in te lig
  • plaaslike gemeenskapkoerante bewus te maak
  • aktief in jou gemeenskap die aktiwiteite van huweliksweek laat gebeur & ondersteun

INTIEM voorsien jou van ‘n volledige ‘toolkit’ om dit te kan doen.  Jy gee aan ons die kontakdetails van die kerke en koerante in jou gemeenskap.  Aktiwiteite soos ‘driving down the aisle’ sal duidelik gekommunikeer word sodat jy presies weet wat verwag word en suksesvol jou gemeenskap kan deel maak hiervan.

Om ‘n ambassadeur te word, e-pos jou besonderhede na info@intiem.co.za / rene@intiem.co.za met “INTIEM-ambassadeur” as verwysing.

LET ASB: JY MOET GETROUD WEES OM AS AMBASSADEUR TE KWALIFISEER.