Stellenbosch Hills gee ’n SA kinkel aan sy biltong-en-wyn pasmaat

Promosie

September is “soettand”-bederftyd by Stellenbosch Hills. Om vanjaar se Erfenismaand te vier, het die gewilde wynkelder sy geliefde Local-is-Lekker Biltong & Wynparing so effe verander – maar net vir ’n kort rukkie – om ook ’n baie tradisionele lekkerny: die koe(k)sister in te sluit. Hierdie geliefde Suid-Afrikaanse genot sal die kollig steel in dié Stellenbosch Hills-ervaring waar wyne met biltong en droëwors gepasmaat word. Dié viering van kulturele diversiteit sal aan gaste die keuse van twee weergawes bied: die gevlegde, krakerige koeksister of sy Kaap-Maleise eweknie, koe’sister. Laasgenoemde is ’n speryagtige deegbal wat diepgebraai word en dan in kokende stroop gedoop en in fyn klapper gerol word.

Die Stellenbosch Hills Local-is-Lekker Biltong & Wynparing is in 2005 van stapel gestuur en was ’n pionier in hierdie genre. Dis intussen deur vele ander kelders nagedoen.
Stellenbosch Hills se Erfenismaand-aanbod sal die volledige vleis-ervaring met ses wyne insluit en as bonus word die koe(k)sister saam met die Stellenbosch Hills Muscat de Hambourg voorgesit.

Hierdie eksklusiewe en trots Suid-Afrikaanse hap-en-proe-ervaring is net gedurende September teen die weggee-prys van R75 per persoon beskikbaar. Besprekings word dus sterk aanbeveel en kan by 021 881 3828/9 of epos info@stellenbosch-hills.co.za gedoen word.

Promosie

WEN WEN WEN: Een gelukkige INTIEM fan staan die kans om hierdie ses bottels Stellenbosch Hills wyn plus die biltong en droewors in sy Local-is-Lekker Biltong & Wynparing te wen!

Skryf nou in en staan die kans om ses bottels Stellenbosch Hills wyn plus die biltong en droëwors in sy Local-is-Lekker Biltong & Wynparing te wen!

    * Neem asb kennis dat jou persoonlike inligting aan GEEN derde partye verskaf word nie! Deur aan ‘n INTIEM kompetisie deel te neem, gee jy toestemming dat ons jou besonderhede vir INTIEM bemarkingsdoeleindes (bv nuusbriewe) kan gebruik, maar met die onmiddellike opsie om van die lys verwyder te word indien jy nie verdere korrespondensie wil ontvang nie.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Inskrywings sluit 6 Julie 2018 om middernag