Nuwe oesjaar van Delheim se vegan-vriendelike Rosé en Sauvignon Blanc
Die jongste paar van Delheim se gunsteling wynvrystellings sal beslis ’n huppel in veganis-wynliefhebbers se stap sit. Dit is omdat – anders as meeste ander wynkelders – dié geliefde Stellenbosch wynkelder geen diereprodukte wat tradisioneel in die wynmaakproses aangewend word, in hul Delheim Pinotage Rosé 2018 en Sauvignon Blanc 2018 gebruik het nie.

Promosie

Diereprodukte wat van melk, eiers en vis gemaak word en gelatien bevat, word in die wynmaakproses gebruik om die vloeistof skoon en helder te maak, voor dit gebottel word. Dit beperk die aantal wyne wat vir veganiste en vegetariërs toeganklik is. Delheim het egter net ’n tipe klei, Bentonite, en ’n plant-proteiën gebruik, toe dié twee wyne gemaak is. Die vegan-vriendelike Delheim Pinotage Rosé 2018 herinner aan ’n fris lentebriesie en het ook ’n spatsel Muscat de Frontignan (3.5%), by, wat die vars suurheid en rooibessie soetheid balanseer met ’n sappige karakter wat bydra tot die wyn se parfuum-karakter.Geniet die met groosterde reënboog-groente met Chimichurri of ’n kerrie-soetpatat en freekeh-slaai.

As kos-pasmaat is die Delheim Sauvignon Blanc 2018 ideaal met ’n geroosterde eiervrug gebak (of geroosterde lynvis vir seekosliefhebbers en ‘flexitarians’) asook ’n hele verskeidenheid seisoenale slaaie.
021 888 4600. Vind Delheim ook op Facebook, Twitter @Delheim en Instagram @delheimwines.

WEN WEN WEN – 3 gelukkige INTIEM fans kan elk ‘n pak van hierdie nuwe vegan-vriendelike Delheim wyne wen ter waarde van R200!

Promosie

Skryf nou in en staan die kans om ‘n pak van hierdie nuwe vegan-vriendelike Delheim wyne ter waarde van R200 te wen!

    * Neem asb kennis dat jou persoonlike inligting aan GEEN derde partye verskaf word nie! Deur aan ‘n INTIEM kompetisie deel te neem, gee jy toestemming dat ons jou besonderhede vir INTIEM bemarkingsdoeleindes (bv nuusbriewe) kan gebruik, maar met die onmiddellike opsie om van die lys verwyder te word indien jy nie verdere korrespondensie wil ontvang nie.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Inskrywings sluit 17 Julie 2018 om middernag