As ‘n 35 jarige ongetroude vrou voel ek baie keer soos Bridget Jones  as familie of vriende vra  wanneer ek gaan trou. Ek probeer maar  om die ongemaklike vraag humoristies  te beantwoord deur te sê: “ wanneer jy die uitnodiging kry” Dit bly egter maar ‘n ongemaklike onderwerp wat ‘n bietjie angstigheid in mens laat opvlam. Ek dink partymaal : “Sê nou net hulle is reg en ek raak te oud” of as ek sien hoeveel mense al geskei is wat ek ken, wonder ek partymal of dit ‘n  nog ‘n goeie idée is om te trou. Gelukkig word my angstige gedagtes vinnig stil gemaak deur die  positiewe artikels  in Intiem. Ek word net verseker dat vrees nie ‘n goeie rede is om te trou nie en ook nie ‘n goeie rede is om jou te weerhou om te trou nie. As albei partye bereid is om aan die  huwelik te werk  en bereid is om na goeie raad te luister soos  in Intiem, is ek seker ‘n mens kan ‘n suksesvolle huwelik hê. Ek het besluit al lyk die egskeiding statistiek nie rooskleurig nie sal ek nie negatief wees oor  ‘n huwelik nie. Ek het ook besluit al vra mense my hoeveel keer wanneer ek gaan trou sal ook nie net trou omdat ek ouer word of omdat  dit die norm is nie. Ek wil vir die regte redes trou. So as die tyd reg is sal ek die huwelik dapper aanpak met ‘n Intiem artikels elke maand in die hand.

Groete

Jenine