Die huwelik is die mooiste blomtuin wat mens ooit kan hê. Soos enige mooi blomme tuin het dit liefde en aandag nodig, dit moet gereeld versorg word, daar moet gereeld water gegee word en die bossies moet uitgehaal word. Dankie aan INTIEM wat help om hierdie pragtige blomtuin in stand te hou met jul wonderlike artikels. Hierdie jaar is ek en vroulief vier jaar getroud en ons moes al baie bossies uittrek en gesnoei word om mooi te kan blom, ons kon ook hierdie jaar nog ‘n slot gaan byvoeg by ons ander slotte op die Love Bridge [in Magnolia Dal, Pretoria]. Dit is ons iets spesiaals om elke jaar nog ‘n slotjie aan die groot slot te gaan voeg en weer stil te kan word en die Here te kan dank dat Hy die rots is van ons huwelik en dat Hy ons saam as man en vrou gevoeg het, uitdagings is daar ja, maar Hy help ons om daar deur te kom. Die huwelik is iets spesiaal, koester dit.