Ek sien die tydskrif gereeld, maar het nie regtig aandag gegee aan die titel nie. Tot gister. Ek het ‘n gratis INTIEM-tydskrif gekry saam drie ander tydskrifte wat ek gewoonlik lees, maar ek het ‘n behoefte gehad om eerste die INTIEM-tydskrif te gryp en te lees omdat ek so baie vrae gehad het. Ek het onlangs verloof geraak  en ek het nie ‘n voorbeeld van hoe ‘n regte huwelik moet wees nie.

Dit is Sondag en ek sit in die bed en lees INTIEM, en  dit voel dadelik of ek verlig is omdat ek voel ek het hulp van oral. Raad wat my kan help. Ek het die fondasie gekry vir ons nuwe huwelik. Ek wil gereelde lesers aanraai om net vir een persoon ‘n INTIEM-tydskrif te gee. Jy weet nooit of jy hulle dalk help om ‘n vraag te beantwoord nie. Ek kan nie wag vir die volgende uitgawe nie.