7 Dag Vuurwarm Uitdaging
R99.00
Met hierdie uitdaging gaan ons jou help om die intimiteit in jou huwelik te verdiep! Dit gaan ‘n LEKKER uitdaging wees! Ons weet, soos tyd aanstap kan die “lus” vervaag en die luiheid begin knaag, maar dit is tyd om die vlamme weer aan te steek en die VUURWARM van jou huwelik te herontdek!
Out of stock
Description
Description
Met hierdie uitdaging gaan ons jou help om die intimiteit in jou huwelik te verdiep! Dit gaan ‘n LEKKER uitdaging wees! Ons weet, soos tyd aanstap kan die “lus” vervaag en die luiheid begin knaag, maar dit is tyd om die vlamme weer aan te steek en die VUURWARM van jou huwelik te herontdek!
Wat? Ons daag jou uit om vir 7 dae lank elke dag seks te hê. Daarsy, we said it! Probeer elke dag iets nuuts en anders met ons witwarm wenke en idees! Ons help jou ook met idees vir intieme items wat jy kan aankoop om bedpret NOG lekkerder te maak! Hierdie uitdaging is vir paartjies wat nie bang is om iets nuuts te probeer nie. Ons kry ‘n KUNDIGE op die gebied van intimiteit in! Leigh-Ann van Ignite Intimacy gaan vir julle ‘n paar dinge oopbreek en jul aan ‘n paar slaapkamer produkte ook bekendstel… Ons sê dit sommer nou al sodat jy presies weet wat om te verwag 🙂 Ons het lanklaas iemand ontmoet wat so passie vir paartjies het, en wat dieselfde hart vir huwelike het as wat ons hier by INTIEM het. Maak vas jou sitplekgordel, hierdie gaan ‘n lekker ride wees (pun intended….)
Wanneer: 28 Oktober – 2 November 2024. In net 7 dae ontvang jy meer intieme wenke en idees as ooit tevore om jou verhouding te verbeter. Ons gee vir jou vars planne vir tussen die lakens, sodat die lou sommer gou weer in lekker verander… YUM!
Hoe? Ons stuur elke dag ‘n e-pos met die program vir daardie dag. Die e-pos sluit ‘n skakel na ‘n webblad met ‘n wagwoord wat slegs vir deelnemers aan die uitdaging is. Geen Facebook-groepe nie—hierdie uitdaging is so privaat moontlik ontwerp.
Wat kry jy elke dag?
- Van Zero tot Hero artikel – die beste wenke om jou passie weer aan te steek.
- Drie nuwe posisies om saam te probeer.
- 2 Videos van Ignite Intimacy wat die nuutste intieme hulpmiddels en speelgoed bekendstel, sodat jy in ‘n veilige en privaat omgewing kan leer.
- Baie pryse! Ons gee fantastiese intieme pryse weg – jy gaan elke dag moet inloer vir meer info! Net deur in te skryf, staan jy ook al reeds ‘n kans om ‘n Mystery Box van Ignite Intimacy te wen! Daar gaan elke dag iets wees om te doen wat jou kanse om te wen NOG groter gaan maak – maak seker jy lees elke dag jou epos!
Is jy gereed vir ‘n VUURWARM huwelik in net 7 dae? Skryf dan sommer dadelik in!!
BELANGRIK! Ons stuur alle info aan die persoon wat die produk aankoop (maw, ons stuur na die epos adres waarmee jy registreer). Indien jy wil hê jou man/vrou/vriend/vriendin of iemand anders moet ook die info kry, kan jy ‘n “top up” teen halfprys aankoop. Dui dan net vir ons die addisionele epos adres aan, en ons sorg vir die res!