Gesels met jou dokter oor hoe om jou hormone sover te kry om saam te speel. Het jy ’n bietjie hulp nodig om jou menopouse meer draaglik te maak? Lees hier hoekom jy eerstens transdermale estrogeen vir hormoonterapie moet oorweeg . . .

Promosie

Jy voel goor en jy het allermins krag vir dit wat jy nou moet trotseer. Jy het opgesien na hierdie lewensfase en nou is dit uiteindelik hier! Manlief beweer hy kan nie met jou huishou nie en jy wil op ’n hopie sit en huil.

Onthou dat menopouse ’n baie natuurlike deel van ’n vrou se lewe is en nie noodwendig behandel hoef te word nie.1 Maar weet ook dat jy nie deur warm gloede, nagsweet, wisselende buie, slaapprobleme en vaginale droogheid hoef te worstel nie, en dat daar wel doeltreffende behandeling hiervoor beskikbaar is.1

Wat gebeur tydens menopouse?
Tussen die ouderdom van ongeveer 45 en 55 hou ’n vrou op om eierselle te produseer en haar menstruasie hou op. Dit is wanneer die groot M-woord talle vroue soos ’n emmer koue water tref! Sommige vroue is gelukkig en sukkel met minimale simptome, terwyl ander simptome het wat inmeng met hul daaglikse funksionering.1

Promosie

Gedurende die oorgangstydperk verminder die vervaardiging van estrogeen deur die eierstokke met sowat 90%, en dit is hierdie verlaging in estrogeen wat die tipiese simptome veroorsaak wat so dikwels met menopouse gepaard gaan: Warm gloede, nagsweet en ’n droë vagina.2

Só wat staan jou te doen?
Hormoonterapie (HT) is die mees doeltreffende behandeling vir vroue met matige tot ernstige simptome3 as gevolg van ’n estrogeentekort, en is mees voordelig vir vroue vóór die ouderdom van 60 of binne tien jaar vanaf die aanvang van menopouse.3

Wanneer van hormoonterapie gepraat word, is twee hormone ter sprake: estrogeen en progesteroon.2 Estrogeen is die hormoon wat die simptome verlig terwyl progesteroon die hormoon is wat ’n vrou se baarmoeder beskerm (indien sy nog nie ’n histerektomie gehad het nie).2 Vroue wat dus ’n histerektomie gehad het, benodig nie progesteroon nie.2

Die verskillende tipes hormoonterapie
Hormoonterapie vir menopouse sluit ’n wye reeks produkte en behandelingsroetes in.3 Dit is beskikbaar in die vorm van orale tablette, ’n velplakker, ’n plaaslike jel en verskillende vaginale toepassings (soos ’n ring, tablette en room).1 Sommige produkte bevat slegs estrogeen en ander bevat estrogeen sowel as progesteroon.

Hoekom behoort jy hormoonterapie te oorweeg?
Afgesien van die feit dat dit die beste manier is om matige tot ernstige menopousale simptome te verlig3, hou dit ook voordele in vir jonger vroue wat onlangs menopouse betree het – veral wat die risiko van osteoperose-verwante frakture en hartsiektes aanbetref.3,4

Kies só hormoonterapie wat reg is vir jou
’n Gesondheidskenner is in die beste posisie om jou raad te gee oor die voordele en risiko’s van hormoonterapie, gegrond op jou mediese geskiedenis. Besluit saam met die gesondheidskenner of jy met hormoonterapie wil begin, watter produkte om te gebruik en vir hoe lank die behandeling moet duur.

Terwyl hormoonterapie vir minstens vyf jaar, in gesonde vroue wat voor die ouderdom van 60 daarmee begin het, volgehou kan word, is dit belangrik dat gebruikers minstens een keer per jaar vir ’n roetine-ondersoek gaan.3

Hoekom jy transdermale terapie behoort te oorweeg
Die transdermale (deur die vel) roete van hormoonterapie in die vorm van ’n plakker of jel word geassosieer met ’n laer voorkoms van beroerte en bloedklonte in die bene as orale estrogeen.2,3,5 Die belangrikste voordele van transdermale estrogeen is die feit dat dit die lewer omseil en dus lewer-komplikasies vermy, wat kan voorkom met die gebruik van orale estrogeen.3

Transdermale estrogeen:
– Kom voor om nie die voorkoms van beroerte te verhoog nie.3
– Het min of geen verhoogde risiko vir bloedklonte in die bene nie.3
– Verlaag die totale en LDL-cholesterol (soos orale estrogeen), maar anders as orale estrogeen verlaag dit ook trigliseriede.4,6

As jy die talle voordele in aanmerking neem, behoort transdermale hormoonterapie beskou te word as die eerste keuse vir alle vroue wat hormoonterapie oorweeg, veral vroue met ’n geneigdheid tot hartsiektes – soos oorgewig vroue, rokers, vroue met hoë bloeddruk en vroue met ’n geskiedenis van bloedklonte.4,5 Die transdermale roete is ook geskik vir vroue met hoë trigliseriedvlakke, lewersiektes, migraine en glukose-onverdraagsaamheid.5

Gesels met jou dokter oor hormoonterapie en jou menopouse kan probleemvry verloop.

Vir meer inligting oor Adcock Ingram se trotse reeks gespesialiseerde produkte, besoek: www.healthywomen.co.za

Verwysings: 1. UpToDate. Patient education: Menopause (Beyond the Basics). [online] Jun 2017 [cited: 4 July 2017]. Available from: http://www.uptodate.com/contents/menopause-beyond-the-basics. 2. UpToDate. Patient education: Menopausal hormone therapy (Beyond the Basics). [online] Jun 2017 [cited: 4 July 2017]. Available from: http://www.uptodate.com/contents/menopausal-hormone-therapy-beyond-the-basics. 3. De Villiers TJ, Pines A, Panay N, et al. Updated 2013 International Menopause Society recommendations on menopausal hormone therapy and preventive strategies for midlife health. Climacteric 2013;16:316-337. 4. Davey M. Transdermal estrogen – a first-choice option in hormone therapy. SAMS Menopause Focus 2014;2(3):12-14. 5. Guidozzi F, Alperstein A, Bagratree JS, et al. South African Menopause Society revised consensus position statement on menopausal hormone therapy, 2014. SAMJ 2014;104(8):537-543. 6. Crook D, Cust MP, Gangar KF, et al. Comparison of transdermal and oral estrogenprogestin replacement therapy: effects on serum lipids and lipoproteins. Am J Obstet Gynecol 1992;166(3):950-955.
1036386 06/2017
Adcock Ingram Limited. Reg. No. 1949/034385/06. Private Bag X69, Bryanston, 2021, South Africa. Telephone +27 11 635 0000. www.adcock.com