Besef dat timing alles is!

Sonder goeie kommunikasie gaan julle mekaar nooit behoorlik verstaan nie. Die manier hoe jy ’n ding sê en veral wanneer jy dit sê sal sy reaksie bepaal. Wees slim en kies jou tyd reg. Moenie met die intrapslag saans vir hom vertel wat alles in die huis gebreek het nie. Doen dit wanneer jy weet hy rustig is en tyd sal hê om daarna te kyk. Dikwels voel veral vroue hulle mans kommunikeer nie genoeg in die huwelik nie. Leer om ook in stilte tevrede te wees deur net by mekaar te wees. Maak elke dag tyd om saam te gesels en mekaar uit te vra. Kyk jou maat in die oë wanneer jy dit doen en vra hom om dieselfde met jou te doen.

21 dae tot ‘n gelukkige huwelik word met trots aan jou gebring deur Marriage Capsule… Your Marriage Matters!

Stel jy belang om meer inligting oor Marriage Capsule se 6 weke uitdaging te ontvang? KLIEK DAN HIER!!!