Ons het ‘n paar vrae oor die 7 Weke Marriage Capsule Huweliksuitdaging gekry en wil graag help met antwoorde, sodat niks jou weerhou van hierdie geleentheid nie.

Vraag: My man/vrou stel nie belang om aan ons huwelik te werk nie. Kan ek die huweliksuitdaging op my eie doen of gaan dit nie help nie?

Antwoord: Een van die mees algemeentste probleme is dat net een persoon aan hulle huwelik wil werk. En jy weet – hoe meer jy ‘push’ hoe minder wil hy of sy. Die beste raad is die volgende: Begin alleen. Se vir jou maat jy gaan daadwerklik aan julle verhouding begin werk en vra of jy met hom/haar kan deel as jy iets teëkom wat regtig interressant of exciting is. In die 7 weke uitdaging is daar byvoorbeeld ‘n hele vlak oor Temperamente en dit is fantasties om te bepaal of jy ‘n Lake, Fountain, Snow of Ocean is. Mense geniet dit gewoonlik om sulke toetse te doen.

Alhoewel dit nie ideaal is om die Huweliksuitdaging alleen te doen nie, is dit ‘n baie positiewe stap vorentoe en ons ervaar gereeld hoe paartjies se verhouding verbeter al begin net een van die twee met ‘n daadwerklike poging.

Vraag: Ons het nie nou tyd hiervoor nie. Hoe lank gaan dit vat elke week?

Antwoord: Die tweede algemene probleem is Tyd. Ons het nie tyd nie. Wanneer sal ons daarvoor tyd kry? Tog snaaks genoeg dat ons kan tyd maak vir berading as een persoon een oggend aankondig hulle wil skei. Ons het nie tyd om ons belasting opgawes in te dien nie, tot op n dag, net voor die sperdatum, dan maak ons tyd.

Vervang die woord tyd met prioriteit. As jy se: Ons het nie tyd om aan ons huwelik te werk nie; se jy eintlik: Ons huwelik is nie ‘n prioriteit nie.

Jy het tyd.

Soek dit, Skeduleer dit, eis dit want op die einde van die dag is die klein goed wat ons doen in die lewe eintlik die groot goed. Om tyd te maak vir ‘n beter, lekkerder lewe saam sal jou kinders en kleinkinders nog lank julle voor bewonder en bedank.
Julle het ongeveer 2 ure per week nodig! Dis haalbaar!

Vraag: Ek en my maat voel soms (eintlik meeste van die tyd) soos “huismaats”… Sal hierdie huweliksuitdaging die vonk vir ons kan terug bring?

Antwoord: Ja!!! Om deel te neem aan huweliksuitdaging is die eerste positiewe stap om die vonk terug te kry in julle lewens! Soos wat julle karakter ontleding doen gaan jy ontdek wat jou en jou maat laat tiek, julle gaan weer leer hoe om met mekaar te kommunikeer en die wonderlike dinge wat julle aanvanklik in mekaar gesien het herontdek. Die verskil is jy gaan dit nou beter verstaan en weer waar die aan en af knoppie vir jou maat is. In hierdie program gaan jy die tyd van elke vlak wat jy doen so geniet en jy gaan verbaas staan oor hoeveel opwinding en waarhede daar is.

Vraag: Ons seks is afgesaag en vervelig. Is daar raad?

Antwoord: Ja!!! Nie net raad nie maar planne om weer die vlamme van passie te laat brand in jou huwelik. Intimiteit in jou huwelik is van kardinale belang en dis normaal dat die vlammie’tjie laer brand soos wat die jare aangaan. Dieselfde ritme, tempo, plekke en dinge raak vervelig. Om die waarheid te se die groot O maak nie gereeld ‘n opwagting in julle huwelik nie. Om julle sekslewe op te kikker is moontlik en relatief maklik. Met aksie planne wat jou sal vat van “oe” tot “aaaahhhhh” kan jy verseker wees jy gaan weer jonk en spelerig voel. Ons program werk saam met een van Suid-Afrika se top seksuloe – Elmarie Mulder Craig. Elmarie gaan jou vertel meer as wat jy weet en jou vlam sal so hoog brand dat julle maar die brandweer se nommer op ‘standby’ moet hou. Lekker vry was nog nooit sleg nie. Dis tyd dat dit weer vir julle ook werk! Dis moontlik. En dis makliker as wat jy kan droom!

Vraag: Ons het nie geld om op ons huwelik te spandeer nie.

Antwoord: ‘n Belangrike vraag om hier te vra is hoeveel is jy bereid om te bele in ‘n beter toekoms? Wat is dit werd om huis toe te kan kom aan die einde van elke dag na ‘n plek waar jy ondersteun en geliefd is. Of dalk moet ons uitwerk wat kos berading per uur of erger wat kos prokureurs. Deesdae kos goeie beraders R800 per uur en jyt ‘n paar sessies nodig. Egskeiding kan jou duur te staan kom met professionele fooie wat die hoogte in skiet. En dan is daar die kwessie van onderhoud, twee huise, meer uitgawes, meer drama. Dalk moet ons eerder besluit wat in ons lewens is priceless. En anders begin dink oor selfontwikkeling sodat ons ‘n voller lewe kan lei. Om in jouself en jou verhouding te bele sal dividend lewer wat ongeken is op enige aandelemark of op enige belegging.

As ons jou vrae beantwoord het, en jys reg vir die volgende stap, Kliek hier vir die 7 Weke Marriage Capsule Huweliksuitdaging