Gee “ons” ’n eerste plek
Jy kan jouself en jou man met ’n Afrikaner en ’n Zoeloe vergelyk. Julle kommunikeer verskillend, het julle eie filosofieë oor die lewe en heg verskillende emosionele waardes aan woorde en beelde wat in gesprekke gebruik word. Ja, julle verskil maar julle is in ’n span. Besluit vandag dat jy ’n deelnemer in jou maat se span is. Probeer daadwerklik om nie alles wat jou man sê as aantygings of kritiek te sien nie. Wees sy spanmaat en vra hom om joune te wees. Julle werk immers na dieselfde einddoel.
21 dae tot ‘n gelukkige huwelik word met trots aan jou gebring deur Marriage Capsule (www.marriagecapsule.com)… Your Marriage Matters!
Vir die volgende 21 dae (van 10 – 30 Oktober) bied ons jou 21% afslag op die volledige Marriage Capsule kursus! Normale tarief: R980, nou slegs R775! KLIEK HIER vir meer info en om te koop!