Wanneer my maat ’n fout gemaak het

Promosie

EFESIëRS 4:32

Here, my maat het ’n groot fout gemaak.

Net U ken die omvang van die impak wat dit op my laat.

Promosie

Net U ken my hartseer en die letsel wat dit op ons huwelik laat.

Maar Here, U het ons mense gemaak.

Ons is onvolmaak en allesbehalwe perfek.

Help my om dit te onthou, veral nou.

Ek weet ook dat ek ewe veel mens is en net soveel tot foute in staat is.

Ek is jammer as ek foute maak waarvan ek nie eers bewus is nie.
Vergewe my wanneer ek my maat seermaak

sonder dat ek eers besef hóé seer.

Help my om meer bewustelik te leef

en my maat soos ’n kosbare kleinood op te pas.

Liewe Here, help my ook nou om goedgesind

 en hartlik teenoor my maat op te tree,

selfs in my seer.

Help my om hom/haar te vergewe,

net soos U ons ook in Christus vergewe het.

AMEN