Januarie TEMA: ‘n TOEKOMS TOT BARSTENS TOE VOL HOOP

Januarie INSPIRASIE: “Ek weet wat ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.” – Jer. 29:11

Januarie WAARHEID: Die gras is nooit groener aan die ander kant van die draad nie. Dit is groener dáár waar dit versorg word. Jy wíl jou gras versorg want ‘n versorgde huwelik is ‘n huwelik met ‘n hoopvolle toekoms. Doen dié maand moeite in jou huwelik deur onkruid (dít wat jou huwelik verniel) uit te trek, bemesting te strooi (te belê in dit wat jou huwelik beter laat groei), en saailinge nat te lei (dié dinge in jou huwelik wat die potensiaal het om groot hoogtes te bereik, ook jou kinders).

KLIEK HIER VIR DIE NUUTSTE ARTIKELS OOR HOE ‘N HUWELIK LYK WAT VOL HOOP IS!