Baie van ons kan ons maklik daaroor dink om vir die toekoms te beplan, idees voor te berei en partykeer, selfs groot te droom. Maar vir die meeste van ons, is die gedagte dat ons wel eendag nie op hierdie aarde nog sal wees nie, iets wat ons óf dink sal nooit met ons gebeur nie, óf is dit iets wat ons baie ongemaklik laat voel. Dit is iets baie ernstig om oor te dink, en om eerlik te wees, is dit nie pynloos nie. Ongelukkig, is dit iets wat ’n mens eendag net eenvoudig reguit in die oë moet kyk! Martin Herbst van Herbst & Associates het gedurende sy 20 jaar ervaring in die finansiële advies bedryf gesien hoeveel hartseer en verlange die afsterwe van ’n geliefde – veral die een wat vir die familie finansieel voorsien – kan veroorsaak. Hy deel van die insigte wat hy opgelet het, so wel as ’n paar praktiese voorstelle wat jy nou kan regkry vir daardie hartseer dag.

“Wat gebeur as ek my lewe vandag verloor?” is nie die eerste gedagte waarmee jy gewoonlik wakker word nie…

Martin deel ’n scenario wat moontlik vandag ook tot jou kan spreek: “Dink jou in, jy staan vanoggend op en voltooi jou normale roetine voor jy werk toe ry. Jy groet jou liefste vrou en kinders met ’n glimlag en ’n soen en daar gaan jy. Op pad werk toe is jy in ‘n motorongeluk betrokke en ongelukkig oorleef jy dit nie. Daar is niks wat jou en jou gesin hiervoor kon voorberei het nie.  Hulle nuwe lewe sonder jou begin net daar en dan. Die hartseer en onsekerheid is gewoonlik so verlammend dat ’n mens nie weet waar om te begin nie”… ’n ontnugtering gedagte wat Martin hier deel!

Alhoewel hy net ’n baie ongemaklik en hartseer scenario geskets het, voel Martin dat daar is iets wat ons kan leer en doen. “Ek glo vas dat ons die toekoms kan voorspel en daarvoor kan beplan aangesien almal van ons te sterwe sal kom, ons weet net nie wanneer nie,” verduidelik hy. “ ’n Goeie finansiële en aksie plan kan van die onsekerheid uitskakel en jou gesin se toekoms beskerm.”

Promosie

Hier is ’n paar faktore wat Martin voorstel dat jy in gedagte kan hou wanneer jy vir hierdie soort tragedie beplan:

1. Eerstens is dit belangrik dat jy en jou gesin hieroor gesels en ’n aksie plan bymekaar sit. Beplan saam oor hoe die lewe sal lyk as een van julle te sterwe kom.

“Ek besef dat dit vir meeste mense ’n ongemaklike onderwerp is, maar om daaroor te gesels voordat dit gebeur berei jou gesin goed voor,” verduidelik hy.

Praktiese daaglikse voorstelle wat julle kan oor gesels:

  • Besluit saam of jou gesin in dieselfde huis en dorp gaan aanbly.
  • Sal die kinders in dieselfde skool aanbly?
  • Watter van julle bates, soos motors, gaan gehou word en wat moet verkoop word?
  • Watter maandelikse inkomste gaan benodig word?
  • Moet daar voorsiening vir die kinders se studies gemaak word?
  • As jy ‘n sake-eienaar is, moet jou gesin weet wat met jou besigheid moet gebeur sou jy te sterwe kom.
  • Is jou ouers finansieël afhanklik is van julle? Wat word van hulle? Hoe gaan julle te werk om steeds vir hulle te voorsien?
  • Wil jy begrawe of veras word?
  • As beide van julle gelyktydig te sterwe kom, wat word van jou kinders?

2.  Met ’n goeie omvattende finansiële plan kan oplossings vir al die bogenoemde vrae gevind word.

  • Die eerste finansiële prioriteit is om te verseker dat alle skuld van die gesin betaal word.
  • Bereken boedel kostes soos eksekuteurs fooie, boedel belasting en kapitaalwins belasting.
  • Die inkomste behoefte van die gesin en die termyn van voorsiening moet bereken word asook die belasting implikasies.
  • As julle so besluit het, dan moet voorsiening vir die kinders se studies berekening gebring word.
  • Al die berekeninge moet saamgevat word om te bepaal hoeveel kapitaal benodig word.

3.  Sit goeie lewensversekering in plek. Goeie lewensversekering is nie noodwendig die goedkoopste versekering nie. Dit is belangrik om te weet dat lewensversekering net iets werd is as daar bloedtoetse gedoen is en die versekeraar bewus is van jou huidige gesondheid.

  • Sanlam bied omvattende pasgemaakte lewensversekering vir jou omstandighede. Hiermee saam is begrafnis voorsiening ook van kardinale belang.
  • Maak seker dat jy begunstigdes op jou lewensversekering het om onnodige kostes en verwarring te vermy.
  • Lewensversekering is moontlik die beste belegging wat jy ooit in plek sal kry mits jy reg beplan.

4.  ‘n Testament is ’n goeie gereedskap stuk om jou finansiële beplanning en die voorsiening daarvoor saam te vat. Ons ervaar dat baie mense wat te sterwe kom se testamente verouderd is en nie aan huidige wetgewing voldoen nie.

  • Hersien jou testament elke jaar en maak seker dat jou bates en laste in die testament vervat word.
  • Jou testament en jou omvattende finansiële plan moet dieselfde taal praat. Dit is dus ’n goeie idee om jou finansiële plan en testament by dieselfde betroubare adviseur te hê.
  • Noem in jou testament of jy begrawe of veras wil word, jou organe wil skenk, wie by jou moet erf en wie die voogde van jou kinders moet wees indien beide van julle gelyktydig te sterwe sou kom.
  • Die voordeel van ’n goeie testament is dat jy nou reeds voorsiening kan maak om in die toekoms ’n Trust op te stel om na jou kinders te kyk en daarmee saam ook wie die Trustees sal wees wat jou kinders se finansies sal beskerm.

“Om aan die dood te dink of daaroor te gesels is nie altyd maklik nie,” sê Martin. Maar hy deel wat hy opgelet het by kliënte wat wel beplan en goed voorsiening daarvoor gemaak het. “Hulle was doelgerig en kon met hul lewens voortgaan, selfs soos hulle deur die rouproses gewerk het”.

“Leef jou lewe ten volle en maak gebruik van elke geleentheid wat oor jou pad kom,” moedig Martin aan.  “Ons is geskape om ’n verskil te maak aan die mense om ons se lewens. As jy jou finansiële beplanning in orde kan  kry, kan dit bydra tot ’n bietjie kommervry te kan leef en ’n verskil te maak!”

By Herbst & Associates BlouSter gemagtig deur Sanlam gee ons betroubare finansiële advies wat gemoedsrus aan ons kliënte gee. KLIEK HIER en kontak ons vandag as jy ook gemoedsrus wil ervaar.

Jy kan ook Martin se kantore kontak by 012 470 0050