Jy het alles gereed vir jul huweliksherdenking en vanjaar gaan manlief nie weet wat hom tref nie! Alles is beplan en jy is reg vir aksie … tot jý nie weet wat jou tref nie!

Jy het gelees oor die noodsaaklikheid van date night en jy weet al lankal hoe belangrik dit is om ‘n opwindende sekslewe te handhaaf. Jul huweliksherdenking is om die draai en jy het ‘n bietjie uit jou gemaksone beweeg met ekstra-sexy onderklere, ‘n nuwe botteltjie smeermiddel en musiek op die ipod wat geen warmbloedige paartjie sal kan weerstaan nie.

Eindelik breek die oggend van jul herdenking aan en … ouch. Jy het ‘n onverklaarbare pyn in jou skoot en ‘n allesoorheersende behoefte om kort-kort- ‘n draai te loop.

Dan tref dit jou: Jy ken al dié simptome… urienweg-infeksie. Die bakteriële infeksie in jou urienweg, gewoonlik in jou blaas. Jy wens jy het vooraf ‘n plan gemaak, want jy weet immers dat urienweg-infeksies voorkombaar is deur ‘n produk soos Ellura te gebruik…

Troos jou daaraan dat soveel as 40% tot 60% vroue dié infeksie in hul leeftyd opdoen en sowat een kwart van vroue dit herhaaldelik kry. Só sê die Nasionale Instituut vir Gesondheid in die VS.

Hier is die goeie nuus: As manlief skugter is om jou infeksie aan te steek en wye draaie om jou loop, stel hom gerus. ‘n Urienweg-infeksie is nie aansteeklik nie. Die slegte nuus is egter: Seks is van die tafel af. Stel maar liefs die romantiese planne uit. Dinge kan vererger. Die bakterieë wat aanvanklik die infeksie veroorsaak het, kan versprei en só die infeksie vererger.

So, wat maak jy?

Gaan draai by jou dokter, veral as die simptome langer as 48 uur duur. Hy sal jou urine toets om te bevestig of dit wel urienweg-infeksie is (daar is ander toestande wat dieselfde simptome het).

Hoe keer jy dat dit volgende jaar weer gebeur? Urienweg-infeksies kan tog herhaaldelik voorkom?

Kyk na jou dieet en maak seker jy drink genoeg bosbessiesap – dit is die natuur se wonderkuur vir hierdie toestand en kan help om die siekte te voorkom. Probeer jou suiker-inname beperk. En hoe aanloklik dit ook al lyk, gebruik so ver moontlik natuurlike sanitêre produkte, sonder kleur- en geurmiddels. Maak seker jy vee (soos jou ma jou geleer het) van voor na agter af wanneer jy urineer het. Gaan loop ‘n draai direk ná seks om ontslae te raak van enige bakterieë. Gesels ook met jou dokter oor bosbessie-aanvullings, soos die produk Ellura, wat voorkom dat E.coli bakterieë aan die blaaswand kleef. Ellura bevat ‘n spesifieke ekstrak van bosbessie en help jou liggaam om slegte bakterieë op ‘n natuurlike manier uit te spoel. Deur dié produk elke paar maande te neem, kan dit help om jou urienweg gesond te hou en herhalende sistitis te vermy. Dit is ook handig wanneer jy reeds ‘n infeksie het en kan so gou moontlik geneem word om die booswigte uit jou urienweg te help spoel.

So ja, urienweg-infeksie kan waarlik ‘n pretbederwer (veral in die slaapkamer) wees, maar wys hom wie is baas en kort-voor-lank kan jy daardie nuwe onderklere aanglip en jul herdenking behoorlik vier!

Vir meer inligting besoek www.flordis.co.za/products/ellura