Ons het die afgelope 14 maande wonderlike groei beleef met INTIEM wat 100% digitaal gegaan het. Ons gemeenskap wat nou ons artikels aanlyn lees, het verdubbel. Ons familie is gemiddeld 325 000 mense per maand wat omgee vir hul huwelike!
Maar ons kry steeds elke dag iemand wat se hulle mis die tydskrif!
Ons oorweeg om ‘n INTIEM eTydskrif saam te stel met al die beste artikels van 2018 (en nog!), saamgevat in 12 temas! Dit sal ‘n lywige eTydskrif wees… ek skat 200 bladsye!
Die eTydskrif is elektronies en jy kan dit lees en deurblaai op jou selfoon, tablet of rekenaar MAAR word ook so ontwerp dat jy haar kan druk op ‘n gewone afrolmasjien of by Postnet (dis ‘n print ready file)!
Maar, ons het jou hulp nodig. Voor ons besluit om finaal voort te gaan is daar twee dinge wat ek jou wil vra…