Ons is BAIE naby om toegang vir die volgende groep te gee om aan die 7 Weke Huweliksuitdaging deel te neem!

Ons het meer as 12 jaar se kennis verpak in ‘n uitdaging wat julle as getroude paartjie se huwelik so positief kan groei dat julle verstom sal staan. Ons is van plan om die volgende groep toe te laat tot die Uitdaging in September. Die program sluit in ‘n aanlyn kursus, eboeke, videos asook ‘n privaat Facebook groep met ‘n huweliksberader/mentor! Dis alles wat jy moet weet om jou huwelik te laat werk en seker te maak julle word nie een van die 45% paartjies in die land wat skei nie maar eerder een van die 55% paartjies wat dit maak!

Ons gaan jou wys wat werk in ‘n huwelik en hoe om weer vervuld te voel in julle verhouding.

Maar, ons het jou hulp nodig. Voor ons besprekings oopmaak vir die volgende groep, moet ons seker maak ons program sluit alles in wat julle benodig.

Dit is waar jy inkom. Neem asb ‘n paar minute om hierdie baie kort vraelys te antwoord – eintlik is daar net een ding wat ek jou wil vra

Wat is jou top twee probleme in jou huwelik wat ons absoluut en sonder twyfel moet oplos?

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

 

Vriendelike groete
Liezel

NS. Hou jou eposse dop vir meer inligting later…jy sal nie spyt wees nie.