Die INTIEM KKVR Kommunikasie Kursus

R350.00

In net 90 minute kan jy ‘n metode aanleer wat julle gaan help om deur enige probleem te praat! “Scroll” af vir al die info!

Die inhoud van hierdie aanlyn kursus gaan jou lewe verander! Die grootste probleem in enige verhouding is KOMMUNIKASIE.

Kwaliteit kommunikasie lei tot kwaliteit verhoudings!

In net 90 minute kan jy 'n metode aanleer wat julle gaan help om deur enige probleem te praat!

Die metodes wat in hierdie video gebruik word, is die gevolg van JARE se navorsing... en dit werk vir 9 uit 10 van ALLE probleme!

In hierdie kursus gaan jy ontdek:

1. Hoe om kommunikasie te verbeter.

  • Meer boeke word oor kommunikasie geskryf as oor seks!
  • Kwaliteit kommunikasie lei tot kwaliteit verhoudings!

 

2. Hoe om probleme uit te praat.

  • Jy gaan leer hoe om deur enige probleem te praat!
  • Hoekom HOOR ons mekaar nie?
  • Konflik is normaal!
  • Hoe om eenheid te kry.
  • Die “communication death trap”: 5 stappe
  • KKVR – Pasop vir die kommunikasievirus!

 

3. Voel weer "connected".

  • Hoe om meer “connected” te voel.
  • Jou agtergrond speel ‘n groot rol!
  • Skep ‘n nuwe kultuur.
  • Wees bereid om te luister.
  • Ontdek wat die grootste bedreiging vir jul huwelik is

 

4. Liggaamstaal:

  • Jou liggaamstaal, persoonlikheid en temperament se invloed op kommunikasie.
  • Stilstuipe skreeu baie hard…
  • Liggaamstaal is 80% en meer van die boodskap…

90 minute staan tussen jou en oplossings waarna jy al jare lang op soek is. Moenie langer uitstel nie!

Die kursus sluit 4 videos en 5 "printable/editable work sheets" in!

Wat sê ander paartjies wat reeds die kursus gedoen het?

Die INTIEM Kommunikasiekursus sal paartjies defnitief help en hulle die vaardigheid gee om te verstaan hoe twee verskillende mense saam aan 'n eenheid kan werk. As jy weet hoe om jou maat te verstaan en te aanvaar, gaan dit help met die harmonie in julle verhouding. Die groter geheel gaan soveel meer wees. 1+1 is nie meer 2 nie maar 11! Dit gaan julle help om konflik te verstaan, verander en te bestuur. Hierdie is ‘n fenominale program en ons sal dit aan enige paartjie aanbeveel wat die beste uit hulle huwelik wil kry. Onthou die gras is nie groener aan die ander kant van die draad nie. Dis groen waar jy dit natlei. En kommunikasie is die natlei in hierdie tuin. - Niel en Candice Malan

Wat ‘n wonderlike, tot-die-punt verfrissende Kommunikasie Kursus! Relevant vir lekkerlik enige verhouding se kommunikasie!! So lekker om te weet ek is ‘n vloei-mens en my man ‘n fokus-mens!!😀 Beveel dit vir almal aan en dan is hulle nog so pittig ook!  - Nelis en Mathilda Venter

Kommunikasie is een van die sterkpunte in ons huwelik, maar nogtans leer mens 'n paar slegte gewoontes oor tyd aan. Met humor en praktiese voorbeelde het Intiem Kommunikasie Kursus ons gehelp om die klein jakkalse op te spoor. Ons is opgewonde om die raad in ons verhouding toe te pas. - Kobus en Alet-Mari

Ons kan Intiem se kommunikasie kursus vir elke getroude paartjie aanbeveel! (Of selfs as jy op trou staan) . Ons het veral daarvan gehou dat die videos kort en kragtig is; dit is nie langdradig en vervelig nie, maar gee genoeg inligting en die inhoud oor kommunikasie is puik (baie goed wat ons nog nie van tevore gehoor het nie) Daar is baie praktiese voorbeelde en raad wat jy maklik in jou huwelik kan toepas soos bv. om nie in verbygaan oor belangrike dinge te praat nie, maar om eerder 'n afspraak te maak om daaroor te praat. Ons het ook veral gehou van die voorbeelde wat Gustav genoem het in paartjies wat hulle al beraad het - help baie as mens daarmee kan identifiseer. Die kursus het ons opnuut laat besef hoe noodsaaklik goeie kommunikasie is in ons verhouding en ons praktiese tools gegee om in ons huwelik toe te pas. Belê in jou huwelik - dit is beslis die moeite werd!! - Magdi en Simeon

 

Wow, wat 'n goeie en insiggewend kurses was dit nie. Beslis waardes en roetines wat ons in ons huwelik sal toepas. Ons het dit werklik geniet en kon goeie gesprekke hê rondom elke video. Dit was regtig vir ons die moeite werd en sien uit hoe ons nuut geleerde tools ons gaan help om beter en gesonder te kommunikeer. - Dewald en Liandri

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die INTIEM KKVR Kommunikasie Kursus”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

PRODUKFOKUS

INTIEM KKVR Kommunikasie Kursus!

Kliek op die foto hierbo om jou pakket aan te koop en leer in 90  minute hoe om deur enige probleem te praat!

Sluit aan!

INTIEM E-TYDSKRIF!

Nuutste Videos

Loading...