“Girls Night” saam met INTIEM en Seksuoloog Dr Elna Rudolph

R100.00

Out of stock

SKU: GirlsNight Category:

Description

Description

Hierdie is ‘n aand wat jy nie moet misloop nie!

Kom kuier saam met INTIEM en Dr Elna Rudolph, ‘n seksuoloog en INTIEM medewerker!

Laat manlief na die kinders kyk, of sit vir hom sy gunsteling sportprogram aan op TV – hierdie kuier is NET vir die “girls”!

Ons gaan praat oor… INTIMITEIT! Slaapkamersake. Orgasmes. Libido. Seks.

Ons gaan al jou vrae beantwoord! Jy gaan ook die kans kry om anoniem jou vraag te vra, deur dit vir ons te Whatsapp, of deur dit voor die kuiersessie vir ons per epos aan te stuur.

Nou is jou kans! Daar is soveel vrae waarmee elkeen van ons sit… en ons weet net nie vir wie ons dit kan vra nie!

Wie is Dr Elna Rudolph?


Dr. Elna Rudolph is n mediese dokter en seksuoloog. Sy is die kliniese hoof van My Sexual Health – die grooste multidissiplinere span seksuele gesondheidswerkers in die land, met takke reg oor die land. Sy het n meestersgraad in seksuele gesondheid deur die Universiteit van Sydney in Australie verwerf en was ook een van die eerste dokters om die hoogste Europeuse kwalifikasie in seksuele medisyne te verwerf. Sy dien op die uitvoerende komitee van die Wereld Organisasie vir Seksuele Gesondheid (WAS) en is ook die president van die volgende wereldkongres wat in Suid-Afrika aangebied gaan word. Haar heel belangrikste titel is egter die van ma vir haar twee dogtertjies: Nina Neo en Nandi Mari.

  • Wanneer: Donderdag 14 Mei 2020 om 20:00
  • Waar? Aanlyn deur die  Zoom platform (ons sal alles baie mooi verduidelik sodra ons jou bespreking ontvang het)
  • Koste? R100 per persoon
  • NB: Hierdie is SLEGS vir dames. Manne, moet asb nie probeer bespreek nie….
  • Wat trek jy aan? Kom ons maak dit pret! Sit ‘n mooi verehoed of serp op! Dra jou beste, grootse pêrels as jy lus het… Of kom in jou pajamas as jy wil… hierdie is JOU aand – niemand gaan vir jou sê wat jy mag of nie mag doen nie! Gooi sommer ook vir jou ‘n glas wyn as julle voorraad nog nie uitgeput is nie…

Bespreek gou jou sitplek, daar is beperkte plek beskikbaar!

Ons sien uit om saam met jou te kuier!

Groete,

Liezel (Besturende Direkteur van INTIEM), Elna (seksuoloog) en Tania (tegnies en navrae).

Girls Night

Sluit aan!

INTIEM E-TYDSKRIF!

Nuutste Videos

Loading...