Couples aand saam met INTIEM en Seksuoloog Dr Elna Rudolph (18 Junie)

R100.00

Out of stock

SKU: GirlsNight-1 Category:

Description

Description

Goeie gewoontes vir goeie seks in jou huwelik – Wenke wat werk!

Hierdie is ‘n aand wat jy nie moet misloop nie!

Kom kuier saam met INTIEM en Dr Elna Rudolph, ‘n seksuoloog en INTIEM medewerker!

Wink vir manlief of vroulief en ‘n glasie wyn nader, sit die kinders in die bed, bring die wolkombers en kom kuier saam met ons!

Ons gaan praat oor… INTIMITEIT! Slaapkamersake. Orgasmes. Libido. Seks.

Jy gaan leer:

  • Hoe om vir jou maat te sê wat jy in die slaapkamer wil hê
  • “Return the favour”… wat dit beteken en hoe jy dit doen
  • Watter higiene is belangrik vir julle seks lewe
  • Geluide en klanke…..so maak mens….
  • Die groot O….kry meer hiervan….
  • “Desire discrepancy” – hoe hanteer ons dit as die een meer wil hê as die ander een
  • Negatiewe en positiewe praatjies – belangrike raad!
  • Moeilike onderwerpe soos anale seks, kontrasepsie en selfone in die slaapkamer

Ons gaan ook jou vrae beantwoord! Jy gaan ook die kans kry om anoniem jou vraag te vra, deur dit vir ons te Whatsapp, of deur dit voor die kuiersessie vir ons per epos aan te stuur.

Wie is Dr Elna Rudolph?


Dr. Elna Rudolph is n mediese dokter en seksuoloog. Sy is die kliniese hoof van My Sexual Health – die grooste multidissiplinere span seksuele gesondheidswerkers in die land, met takke reg oor die land. Sy het n meestersgraad in seksuele gesondheid deur die Universiteit van Sydney in Australie verwerf en was ook een van die eerste dokters om die hoogste Europeuse kwalifikasie in seksuele medisyne te verwerf. Sy dien op die uitvoerende komitee van die Wereld Organisasie vir Seksuele Gesondheid (WAS) en is ook die president van die volgende wereldkongres wat in Suid-Afrika aangebied gaan word. Haar heel belangrikste titel is egter die van ma vir haar twee dogtertjies: Nina Neo en Nandi Mari.

  • Wanneer: Donderdag 18 Junie 2020 om 20:00
  • Waar? Aanlyn deur die  Zoom platform (ons sal alles baie mooi verduidelik sodra ons jou bespreking ontvang het)
  • Koste? R100 per paartjie

Bespreek gou jou sitplek, daar is beperkte plek beskikbaar!

Ons sien uit om saam met jou te kuier!

Groete,

Liezel (Besturende Redakteur van INTIEM), Elna (Seksuoloog) en Tania (Digitale Bestuurder).

Sluit aan!

INTIEM E-TYDSKRIF!

Nuutste Videos

Loading...