INTIEM is Suid-Afrika se nommer 1 huwelikstydskrif! Dié publikasie (gemik op elke Suid-Afrikaanse getroude paartjie) is nie ‘n luuksheid nie, maar ‘n noodsaaklikheid. INTIEM tydskrif is al meer as ‘n dekade op winkelrakke en het sedertdien ‘n reuse-verskil gemaak in die bou van gesonde huwelike.
Die tydskrif, wat in 2006 deur INTIEM se besturende redakteur, Liezel van der Merwe, geskep is, fokus daarop om Suid-Afrika te herinner aan die waarde van ‘n gesonde en heel huwelik. Nie net motiveer die inhoud lesers om na dié ideaal te streef nie – dit wys jou as leser ook hoe om op ‘n punt te kom waar júl huwelik as inspirasie vir ander kan dien.
INTIEM streef daarna om haar lesers te bemagtig en ‘n nalatenskap van ‘n generasie sonder bagasie voort te bring. ‘n Generasie wat weer glo aan die krag van ‘n God-geïnspireerde huwelik.
Deur die jare heen het INTIEM se formaat gegroei. Daar is gevind dat manlike lesers graag die héle tydskrif saam met hul vroue lees, en só is die inhoud aangepas daar nie meer ‘n afsonderlike afdeling vir die manne is nie, maar dat die tydskrif in geheel tot beide geslagte spreek. ‘n Paartjie kan dus sáám aan INTIEM lees en die raad en wenke só inspan dat dit tot pret, opwinding en versterking van hul verhouding lei.
Lees dus jul INTIEM en lees dit wéér. Bêre die tydlose inhoud vir latere verwysing en deel jul kennis met ander paartjies. INTIEM praat met júlle op ‘n gemaklike trant. Die tydskrif is nie bloot vermaaklik nie, maar bevat bruikbare inligting wat jou kan help om jou droomhuwelik te bou en te geniet!