Author: Stephen en Elmien Claassens - Awakening Ministries SA

LEWENSWAARHEDE VAN PAARTJIES UIT DIE BYBEL – ’n Samevatting

Met die afsluiting van hierdie reeks oor lewenswaarhede van Bybelfigure gaan ons ’n bietjie oorsigtelik kyk na hierdie interessante figure. Ons gaan kerngedagtes saamvat en waarhede vasmaak. Soos hulle my huwelikslewe beïnvloed het, vertrou ek dat dit joune net so sal inspireer. Indien jy nie die vorige artikels oor lewenswaarhede van Bybelfigure deurgewerk het nie, stel ek voor dat jy wel werk maak daarvan en daardie INTIEM-tydskrifte vandag nog aanskaf! Hier is ’n paar kerngedagtes . . . Adam en Eva Die tuin van Eden was seker die perfekte omgewing vir die bestaansreg van die meeste van ons. Tog,...

Read More

LEWENSWAARHEDE VAN PAARTJIES UIT DIE BYBEL – DEEL 5: JOSEF EN MARIA

Josef en Maria is twee bekendes in die Bybel wat jou inspireer om binne jou huwelik nuwe hoogtes te bereik. Uitdagings staar ons elkeen vierkantig in die oë en ek stel hierdie betrokke paartjie, Josef en Maria, voor om ’n paar lessies by te leer! Hulle uitdagings, omstandighede en sukses het my só aangespreek dat ek dadelik ’n paar gehalte-besluite geneem het. Elke huwelik skryf hulle eie toetse van tyd tot tyd. Die groot vraag is of jy hulle deurkom of nie? Kyk, hierdie paartjie se agtergrond met hulle tradisies, verwagtinge, doelwitte en teenstand in ag genome, was Josef...

Read More

LEWENSWAARHEDE VAN PAARTJIES UIT DIE BYBEL – DEEL 4: DIE BRUID & DIE BRUIDEGOM IN HOOGLIED

Bybelfigure . . . wie sou ooit kon dink dat hulle stories soveel wyshede en diep spore in ons lewens kon nalaat. Ja manne, as dit kom by intimiteit, kan ons gerus stilstaan by ou Salomo, sy raad aanhoor, toepas en vroulief verras met nuwe woema, passie en sjarme. Dit werk – ek kan jou dit beloof! In verlede jaar se uitgawes het ek ’n kursus geskryf oor Hooglied. Ek moedig jou aan om dié geskrewe artikels uit die kas te ruk, af te stof en weer deur te werk. Intussen gaan ek kerngedagtes aanhaal en mag Salomo daardie...

Read More

Lewenswaarhede van paartjies uit die Bybel – Deel 3: Jakob en Ragel

Bybelfigure met hul dag-tot-dag liefdesuitdagings, lewenslesse en persoonlike oorwinnings bly vandag na soveel jare nogsteeds relevant en steeds ’n inspirasie! Manne, nou’s die tyd – sit lekker terug en bepeins bietjie hierdie belangrike waarhede rondom jou huweliksverhouding en laat vroulief sommer van vooraf lief raak op jou deur die betowerende maniere waarop jy haar jare gelede gewen het. Al kos dit wat, elke mens, klein of groot, het ’n droom, ’n innerlike dryf wat hom in staat stel om passievol, sonder verwyte, doelwitte na te jaag en met tyd, te bekom. Jakob is ’n perfekte voorbeeld – hy het...

Read More

Lewenswaarhede van paartjies uit die Bybel – Deel 2: Abraham en Sarah

In hierdie uitgawe van Bybelfigure en hul huweliks-uitdagings kyk ons bietjie na die lewe van Abraham en Sarah. Hier is twee mense met gewone dag-tot-dag uitdagings soos ek en jy . . . Kyk, hul lewensverhaal is dalk in die Bybel opgeteken met hul goeie en slegte prestasies en keuses vir almal om te sien, maar een ding moet ons weet: Soos die Here se oop hart en genade vir hulle as huwelikspaartjie beskikbaar was, is Sy gedagte oor jou huwelik vandag nog onveranderlik. Hy wil jou hartsbegeertes vervul en jou seën sodat dit met jou en jou nalatingskap...

Read More
  • 1
  • 2

Sluit aan!

Promosie

7 weke uitdaging: Shopping cart NOU oop!

NUUTSTE VIDEOS

Loading...