Dit was nog nooit só lekker om gewig te verloor nie! As jy en manlief die vensters goed laat toe-wasem, kan julle elkeen tot 150 kalorieë per halfuur verbrand. ‘n Gesonde sekslewe kan jou ook help om beter te slaap, jou spiertonus verhoog en jou energievlakke ‘n hupstoor gee. So, hoe begin ‘n mens met hierdie oefenprogram?

1. Dink sexy. As jy in die gimnasium gaan oefen, het jy ‘n sexy uitrusting nodig. Dieselfde geld vir ‘n oefensessie in die slaapkamer. Skaf vir jou ‘n verleidelike nommertjie aan om julle albei vir die eerste sessie te motiveer,

2. Doen die Elvis-pelvis. Oefeninge soos die “Elvis Pelvis”, wat spiertonus bevorder, sal jou en jou maat ook help om sexy te dink. Staan kaal met julle pelvisse teen mekaar. Lig jul arms op en leun terug terwyl julle kontak met die pelvis behou. Behou die posisie vir drie sekondes en herhaal vyf keer.

3. Maak seks ‘n prioriteit. Probeer om drie tot vyf keer per week vir ‘n halfuur lank seks te hê. Dit mag na baie klink, maar as ‘n mens dink hoeveel tyd jy elke dag voor die TV spandeer, is dit ‘n druppel in die emmer . . . en met ‘n pak aartappelskyfies op die bank gaan jy beslis nie van daardie wintervetjies ontstale raak nie!

4. Hou die beloning in gedagte. Seks verbrand dieselfde hoeveelheid kalorieë as wanneer ‘n mens flink stap. Energieke en langer seks vyf keer per week kan soveel as 1 650 kalorieë verbrand. Die aktiewe maat (gewoonlik die een wat bo is) is geneig om meer energie te verbrand.

5. Behou jou fokus. Dit is maklik om jou fokus in die lekkerte van seks met jou maat te verloor. Onthou egter dat jou doelwit is om energie te verbrand, so maak werk daarvan. Jy sal binne ‘n paar weke ‘n verbetering sien in die spiertonus en krag van jou maag, rug, boude, arms en bene as jy daarop fokus om jou hartklop goed op te stoot.

6. Hou dit interessant. ‘n Oefenroetine hoef nie vervelig te wees nie. Wees kreatief en probeer nuwe dinge. Namate jy gewig verloor en sterker word, sal julle met ‘n nuwe posisie kan eksperimenteer. Maak seker dat albei gemaklik voel daarmee pret het en dit geniet.

7. Hou jou dieët dop. ‘n Gesonde dieët sal jou help om jou gewisgsdoelwit vinniger te bereik. ‘n Gebalanseerde spyskaart van vrugte, groente, heelgraan en proteïne sal in jou liggaam se behoeftes voldoen. Beperk jou alkohol inname om selfs vinniger ‘n fietse lyf kry.

8. Oefen saam buite die slaapkamer. ‘n Gesonde sekslewe kan wonders doen vir jou gewig, maar gereelde oefening buite die slaapkamer is steeds belangrik. As julle dit saam doen, mag dit help om albei in die bui vir seks te kry . . . Die endorfiene, gesonde blos en lewendige gevoel wat oefening tot gevolg het, is die perfekte voorspel vir ‘n stomende oefensessie in die slaapkamer.

9. Moedig mekaar aan. ‘n Kompliment wat jou vuurwarm laat voel, is goud werd wanneer jy probeer om gewig te verloor. Sê vir hom hoe sexy sy stywe boudjies vir jou is of vryf bewonderend oor sy bo-arm wat ná elke oefensessie sterker word.

10. Geniet mekaar na die tyd. Klim saam in die stort as julle lekker natgesweet is ná ‘n oefensessie. Motiveer mekaar vir die volgende sessie met sagte aanraking en liefkosing – dalk is julle ná die ruskansie selfs lus vir nóg oefening!

Deur jou fiksheidsprogram met seks te kombineer, slaan jy twee vlieë met een klap: Jy en manlief verloor saam gewig terwyl die intimiteit in jou huwelik verhoog. So waarvoor wag jy? Maak dat jy wegkom om ‘n sexy pakkie vir vanaand aan te skaf!

Artikel aan jou gebring deur Desir – Honour yourself – www.desir.co.za