Sukkel jy om ’n gesonde gewig te handhaaf? Raak jy pal siek? Lees hier . . .

Dit is moontlik om gesond te wees én goed te lyk. Maak seker jy neem al die voedingstowwe in wat jou liggaam nodig het en sorg dat jy gebalanseerd eet en jy is halfpad daar!

Jy het waarskynlik ’n voedingsaanvulling nodig
Die afgelope tyd het vitamiene en aanvullings in die spervuur beland, ná sekere kenners beweer het dit is onnodig en dat die misbruik hiervan vir jou meer skade as goed kan beteken. Jy het dit egter nodig! Ons leef in ’n dolle bestaan en wie kry tyd om elke dag perfek gebalanseerd te eet? Die meeste mense kry nie genoeg vrugte en groente in nie. Die meeste van ons eet verwerkte kos (wat tekort skiet aan voedingstowwe). Die grond waarin ons kos deesdae verbou word, is uitgeput en kom dus noodsaaklike minerale kort.

Dit is ook belangrik om te onthou dat jy in sekere stadiums van jou lewe aanvullings nodiger as ooit gaan kry – soos wanneer jy swanger is en wanneer jy jou goue jare betree – dan kan jou kos bloot nie aan al jou lyf se vereistes voldoen nie! Vroue wat wil swanger raak, moet 400 mikrogram foliensuur daagliks inneem (dis afgesien van dit wat sy natuurlik in kossoorte kry). Vir swanger vroue is prenatale vitamiene en ’n ysteraanvulling ook nodig. Mense ouer as 50 moet kos met ekstra vitamiene B12 inneem of ’n multivitamien inneem hiervoor.

As jy minder as 1 600 kalorieë per dag inneem en nie kans kry om reg te eet nie, is ’n multivitamien ’n móét. Só ook as jy ’n vegan of vegetariër is (met beperkte kossoorte). As jy swaar bloeding ervaar gedurende jou periodes, kan jy ook baat vind daarby, en ook as jy ’n mediese toestand het wat beïnvloed hoe jou liggaam voedingstowwe absorbeer. Dit is belangrik om met jou dokter te gesels oor voedingsaanvullings.

Vir baie mense on the go het voedingsaanvullings in die vorm van ’n shake ’n wonderlike alternatief geword. As daar bloot nie genoeg ure is om ’n sorgvuldige maaltyd van vars produkte voor te berei nie, is dit ’n gerieflike, dog gesonde, opsie. As jy voedingsaanvullings neem, onthou die volgende:

1. Kyk na die etiket: Lees dit versigtig om te sien watter voedingstowwe daarin voorkom, hoeveel daarvan en hoeveel jy moet inneem.
2. Vermy té veel. Kies ’n multivitamien wat ongeveer 100% van die daaglikse aanbevole waarde voorsien, eerder as een wat byvoorbeeld 500% voorsien.
3. Kyk na die vervaldatums. Dieetaanvullings kan oud word, veral in ’n warm en vogtige klimaat. Maak seker die produkte wat jy koop, het ’n vervaldatum en as joune die vervaldatum bereik het, vervang dit.
4. Kyk mooi na wat jy eet. Vitamiene en minerale word by al meer kossoorte gevoeg. As jy ook voedingsaanvullings neem, kry jy dalk meer van sekere voedingstowwe as wat jy besef. Dit is duur en kan jou risiko vir newe-effekte verhoog.

Om heeltemal gesond te wees, moet jy egter probeer om die meeste van jou voedingstowwe in die vorm van vars kos in te neem. Jy kan slim kan eet én gewig kan verloor of ’n gesonde gewig handhaaf.

Wanneer jou liggaam nie gesond is nie kan komplikasies soos prikkelbare derm-sindroom jou ongemaklik laat en jou gewigverlies program kniehalter. Sunpharma se Bowel Balance is ’n maklike oplossing vir hierdie probleem. Dit herstel jou normale roetine en jy voel gemakliker sodat jy daarop kan fokus om die gesondste jy te wees.

’n Reis na gesonde gewigsverlies

’n Jaar gelede het Nicole besluit dat sy dit aan haarself verskuldig is om goed te voel, in staat te wees om soggens vol energie op te staan en deur die dag te kom. Op 45 was dit tyd om weer ’n vol lewe te lei en ’n liefdevolle ma en vrou te wees.

Na 12 jaar se gesukkel met pyne, moegheid, hoofpyn, gewig en ligte depressie het Nicole genoeg gehad. Haar man se opmerking dat hy nie meer aangetrokke tot haar voel nie het die saak vererger. Alles het sy tol begin eis en Nicole het besef dat dit tyd is om op te tree. In die verlede het ’n string kitsdiëte net gelei tot die “klimtol-effek” – alles wat sy verloor het en ’n bietjie meer het elke keer terug gekom. Nicole het egter ’n besluit geneem en haar pad na gewigsverlies het begin. Saam het ons begin fokus op haar klein suksesse elke week . . .

Jou briljante liggaam en hoekom kitsdiëte nie werk nie

Jou eetgewoontes is een van die moeilikste hekkies om oor te spring wanneer dit by gewigsverlies kom. Elke nuwe dieet wat op die mark kom, verkoop nuwe redes oor hoekom ons nie gewig kan verloor nie en skep hoop teen ’n prys dat die dieet die antwoord is. Vergeet van alles en luister na jou eie liggaam. Die rede hoekom jy oorgewig is as die moontlike mediese oorsake uitgeskakel is, is omdat jy meer eet as wat jou liggaam nodig het en kan verbrand – so eenvoudig soos dit.

Hoekom gebeur dit? ’n Beperkte dieetplan dwing jou om daarop te konsentreer en kontak met jou liggaam en die seine oor wat dit nodig het, te verloor of te breek. As die disassosiasie volgehou word, raak die behoefte aan eet vir die liggaam oorweldigend. Die gevolg is dat jy meer eet as wat jou liggaam nodig het. As ons egter ons liggame binne redelike perke voed, weet jy outomaties dat daar genoegsame kos is en ons metabolisme tel op en verbrand vetjies.
Hoe weet jy dan hoeveel brandstof jou liggaam nodig het? Wend jou tot die kundige – jou liggaam! Jou lyf is geskape met gesofistikeerde seine– is jy honger of is jy versadig? As die verhouding versteur is, moet jy van voor af bewus raak en aandag gee aan die wysheid van jou liggaam.

*In die volgende “Wees die gesondste jy!”: Leer ken jou hongerskaal en die vier tipes eet gewoontes.